Landbouweekblad

KIES SWAMME PLEKS VAN PLASTIEK EN POLISTIREE­N

- — MARLEEN SMITH

’nBio-af breekbare verpakking­smateriaal wat basies uit die swamdrade van sampioene gekweek en gevorm word, het die aandag van die Sweedse huisraadre­us Ikea getref.

Ikea het aangekondi­g dat hy dit oorweeg om konvension­ele polistiree­n verpakking smet die New Yorkse ontwerpfir­ma Ecovative se produk te vervang.

Ecovative sê hy is vasberade om omgewingsv­riendelik e verpakking­s materiale te vind wat in die plek van konvension­ele sintetiese produkte gebruik kan word. Hul materiale word gekweek en nie vervaardig nie, en is benewens ekovriende­lik ook vry van diereprodu­kte

Die firma se Mushroom Packaging word gevorm deur landboures­te, soos mieliestro­nke, skoon te maak. Dan word swamdrade – ook bekend as miselium (in wese dus die “wortels” van swamme) – bygevoeg en die mengsel word vir ’n paar dae so gelaat. Die swamdraadv­esels groei in hul netwerke uit namate dit die plantreste verteer.

Die mengsel word agtereenvo­lgens in los deeltjies opgebreek, wat vir ’n paar dae in ’n vorm geplaas word sodat die miselium verder groei en die vorm met die vesels vul. Die vorm word verwyder en die groeisel word dan gedroog om dit te laat ophou groei en die produksie van sampioene of spore te keer.

Anders as polistiree­n, wat eeue nodig kan hê om in die natuur af te breek, kan dié sampioenve­rpakkings binne weke weer in hul geheel deel van ’n natuurlike ekostelsel word.

Op ’n byeenkoms oor volhoubaar­heid in Londen het ’n Ikea-woordvoerd­er aan joernalist­e gesê een groot voordeel daarvan is dat ’n mens dit in enige vorm kan laat groei wat presies om ’n produk pas – dus “nommerpas gekweekte” verpakking.

 ?? FOTO’S: ECOVATIVE ?? LINKS en ONDER: Die New Yorkse maatskappy Ecovative verkoop selfs sakkies met ’n gedroogde swamdraadm­engsel daarin, waarmee jy self jou ekovriende­like houers of ander verpakking kan kweek.
FOTO’S: ECOVATIVE LINKS en ONDER: Die New Yorkse maatskappy Ecovative verkoop selfs sakkies met ’n gedroogde swamdraadm­engsel daarin, waarmee jy self jou ekovriende­like houers of ander verpakking kan kweek.
 ??  ?? LINKS: ’n Voorbeeld van ’n “pasgekweek­te” wynbottel-houer deur die ontwerpfir­ma Ecovative.
LINKS: ’n Voorbeeld van ’n “pasgekweek­te” wynbottel-houer deur die ontwerpfir­ma Ecovative.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa