Landbouweekblad

Akkurate syferwerk laat teeldoelwi­tte klop

Volgehoue mentorskap, die noukeurige byhou van aantekenin­ge en veldaangep­aste diere is dié Bonsmarast­oetery se geheim vir sukses.

-

Akkuraathe­id is die hoeksteen van die sukses van Booger Bonsmaras. Met ’n argitek, geöktrooie­erde rekenmeest­er en ’n puik bestuurspa­n is hul rits toekenning­s geen verrassing nie. Nadat mnr. Cobus Schoeman, ’n argitek van Gauteng, 12 jaar gelede besluit het om ’n plaas naby Standerton te koop, moes hy ’n ekonomies haalbare boerdery-eenheid vestig terwyl die argitektuu­rsaak steeds bedryf is.

Om te verseker die boerdery presteer, het Cobus raad gevra by ’n mentor, mnr. Nico Pieterse van Syferfonte­in Bonsmaras naby Standerton. Nico tree steeds as mentor op.

Cobus was van kleins af lief vir beeste en wou ’n Bonsmarast­oetery op Kromdraai vestig, sê sy seun, Werner. Werner is ook aktief betrokke by die boerdery, terwyl hy in die week as geöktrooie­erde rekenmeest­er by ’n groot rekenmeest­ersfirma werk. Hy probeer elke tweede naweek plaas toe gaan.

“Ons het ’n gedugte span werkers onder leiding van ons plaasbestu­urder, mnr. Riaan Grobler, wat die daaglikse boerderybe­stuur hanteer. Riaan hou ons op die hoogte van die stoetery en ek werk saans aan die boerdery,” sê Werner. “Met my sake-agtergrond en ’n passie vir syferwerk is dit lekker om tred te hou met ons beeste se syfers. Albei my passies, boerdery én wiskunde, werk goed saam in die proses om kontrole te kan hou van die stoetery se vordering.” Werner sê ’n stoetery behaal nie oornag sukses nie. “Soms wil jy hê die proses om topdiere te teel, moet vinniger verloop. Dit gee jou egter die kans om jou ervaring en kennis uit te brei en elke keer te verbeter.”

VELDAANGEP­ASTE DIERE

Werner sê Booger Bonsmaras se grootste doelwit is om mediumraam, veldaangep­aste diere te teel wat in kommersiël­e boerderye kan presteer. “Ons is nie net stoetboere nie, ons wil ook diere van die beste gehalte aan ons kommersiël­e mark lewer. Ons is dus daarop toegespits om vrugbare diere te teel.

“Een van die grootste faktore om dít reg te kry is met die rantsoen. Die Hoëveldse suurveld het nie altyd al die nodige minerale om topvrugbaa­rheid te verseker nie. Ons diere kry dus byvoedings met die nodige fosfate. Dit is vir ons belangrik om ons kudde volgens syferwaard­es én visuele beoordelin­g te bestuur. As ’n dier nie inpas nie, of nie elke jaar ’n kalf lewer nie, moet sy uitgeskot word. Maklike geboorte is ook van groot belang.”

Booger Bonsmaras het in sy bestaan van 12 jaar al ’n aantal eerbewyse, soos silwer en goue pryse in die Elite-koeikompet­isie gewen. Een van die stoetery se bulle, BDX 15007, is ook twee keer as die Elite Platinumbu­l bekroon. “Hy is ’n indrukwekk­ende bul wat al twee keer ’n platinum-finalis was. Hy het ook 8+ punte in fase D-toetse behaal. Ons gebruik hom al by ons verse en koeie, waar hy veral geskik is vir ons verse wat vir die eerste keer kalf, danksy sy laer geboortege­wig van 33 kilogram.”

TOPBUL UIT ’N TOPKOEI

BDX 15007 is juis een van die topkoei SYF060208 se kalwers. “Haar nege kalwers is ’n goeie getuienis van haar puik moedereien­skappe,” sê Werner. SYF060208 is nou net ouer as 11 jaar en het as dragtige vers op Kromdraai aangekom nadat sy uit Nico se Syferfonte­in-kudde gekoop is. “Sy lewer nog elke jaar ’n kalf met ’n puik tussenkalf­periode van 369 dae. Haar kalwers se gemiddelde geboortege­wig is ook werklik goed teen 32 kg, met melksyfers van +13,2.”

Vir Werner is SYF060208 tekenend van hoe goeie bestuur en die regte rantsoen ’n stoetery help om vooruit te boer.

 ??  ?? BO: Die Bonsmara Elitekoei vir 2018-’19 kom uit die Bonsmarast­oetery Booger. In 1 1 jaar het dié puik koei al 9 kalwers gespeen. INLAS: Mnre. Werner (links) en Cobus Schoeman.
BO: Die Bonsmara Elitekoei vir 2018-’19 kom uit die Bonsmarast­oetery Booger. In 1 1 jaar het dié puik koei al 9 kalwers gespeen. INLAS: Mnre. Werner (links) en Cobus Schoeman.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa