Landbouweekblad

SPESIALE VERF VIR VRUGTE- EN NEUTBOME

-

Ná ’n huwelik van vier jaar met ’n neut-en-vrugteboer kon mev. Moya Blight net nie meer toekyk hoe haar man elke jaar die boomstamme waar hy gesnoei het, met gewone wit PVA-verf bedek nie.

Vrugteboer­e verf die boomstamme wit waar hulle gesnoei het om die kaal stamme teen sonbrand te beskerm en Moya wou ’n beter verf aan boere beskikbaar stel. Sy het met soveel boere gesels as wat sy kon en twee snoeitye gebruik om te eksperimen­teer. Haar eindproduk is uiteindeli­k vanjaar bekend gestel.

Inspired by Moya se geheim is dat die akrielgeba­seerde verf sink en boor bevat. Dié minerale loog mettertyd in die grond in en word dan deur die boom opgeneem. Dit is twee van die belangriks­te mikro-elemente wat avokado’s en ander vrugte- en neutbome nodig het. Terselfder­tyd beperk die helder wit verf die hittestres op die boom se kambiumlaa­g, dit beskerm die bas én help met nuwe groei op kaal stamme.

Met 20 jaar se ondervindi­ng van sementen verfbedekk­ing het Moya seker gemaak haar produk wend maklik aan en heg goed aan boomstamme. Dit kan met ’n kwas of met ’n verfspuit aangewend en tot 60% met water verdun word. Dit word vinnig droog, is nie vlambaar nie en bevat nie lood, ander swaarmetal­e of ammoniak nie. Aangesien die produk ’n waterbasis het, is dit maklik om toerusting ná gebruik skoon te maak.

Dieverfist­e kry in plastiekem­mers (20 l of 200 l ). Prys: R290 (20 l) e nR 2700 (200 l). 081 329 2773; admin@in spiredbymo­ya.co.za

 ?? NAVRAE: Mev. Moya Blight, sel e-pos: ??
NAVRAE: Mev. Moya Blight, sel e-pos:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa