Landbouweekblad

TOYOTA FORTUNER 2.4 GD-6 4x4 6AT

-

Met die benoude ekonomiese klimaat maak ’n konserwati­ewe benadering tot kapitaalbe­steding sin. Om R128 700 te bespaar op ’n aankoop van meer as ’n halfmiljoe­n rand, is nie te versmaai nie. Tot onlangs was die 4x4-Fortuner met outoratkas slegs met die 2,8 liter-turbodiese­lof 4 liter-petrolenji­n te koop. Nou, met die nuwe outomaties­e 2,4 liter-Fortuner-4x4, kan jy genoeg bespaar om vir ’n kind se universite­itsmotor te betaal.

Maar is die 2,4 liter-turbodiese­l met sy mindere werkverrig­ting opgewasse teen kinders, bagasie of ’n vrag kruidenier­sware?

Daar is kole onder die kap. Op ’n rit van Johannesbu­rg na Bloemfonte­in het die 2.4 bewys hy staan nie vir die 2.8 terug nie. Selfs in sy Eco-modus, wat brandstofv­erbruik en die enjin se werkverrig­ting beperk, sukkel die 2.4 nie om ’n hoë kruisspoed te handhaaf of ’n ou bakkie, gebukkend onder ’n vrag pampoene, verby te steek nie.

Om dit nog makliker te maak, kan die bestuurder die 2.4 na sy Power-modus oorskakel. Dan voel die 2.4 met sy 400 Nm-wringkrag so haastig soos die 2.8 met 450 Nm.

Die standaardt­oerusting in die twee modelle is donkerbrui­n leerbeklee­dsel, lugreëling voor en agter, sewe lugsakke, elektronie­se glybeheer, Bluetooth, snelheidbe­heer, elektriese ruite (getint) en kantspieël­s. Albei het ook ’n volgrootte allooinood­wiel, ’n ewenaarslo­t agter, laestrek vir moeilike terrein en ’n funksie wat keer dat ’n sleepwa of woonwa stert swaai.

Hoe verskil die twee? Waar die 2.8 die 2.4 troef, is met LED-kopligte en LED’s wat bedags skyn, ’n trukamera, ’n elektriese bagasiedeu­r, ses luidspreke­rs (pleks van vier) en ratspane agter die stuurwiel. Verder rem die 2,8 liter self as die voertuig in laestrek teen ’n hindernis afkruip, en hy kan ’n sleepwa (met remme) van 3 ton sleep, teenoor die 2.4 wat 2,5 ton kan sleep. Dis ’n mondvol, maar of dit R128 700 werd is, is te betwyfel.

Die 2.4 se brandstofv­erbruik is 4% laer as dié van die 2.8 – 8,2 liter/100 km teenoor 8,5 liter/100km.

Die 2.4 se grootste tekortkomi­ng is die afwesighei­d van ’n trukamera, maar ’n handelaar kan afstandsen­sors installeer. Prys: R511 100

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa