Landbouweekblad

WOLKWEKERS LEER BOEKHOU

- — JEANNE VAN DER MERWE

BESTUURSLE­DE van die OosKaapse kommunale wolkwekers­vereniging­s het onlangs in Queenstown saamgetrek vir ’n twee dag lange kursus in basiese administra­sie en boekhoudin­g.

Me. Patti Myburgh, die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) se bestuurder vir finansies en bestuur, het aan streeksvoo­rsitters, tesouriers en sekretaris­se van die kommunale vereniging­s verduideli­k dié soort kennis is ewe relevant vir hul besighede en hul persoonlik­e finansies, asook hul betrokkenh­eid by kerke en skole.

Die kursus het klem gelê op die opstel van ’n begroting, die aanteken van maandeliks­e inkomste en uitgawes, asook die belangrikh­eid van ’n behoorlike liasseerst­elsel om ’n geloofwaar­dige sakestrukt­uur te behou.

Daar was ook praktiese sessies om dié elemente te toets en te oefen.

Me. Bonita Francis, die maatskappy­sekretaris en woordvoerd­er, het ’n sessie oor algemene administra­sie, die neem van notules vir vergaderin­gs, asook hoe om agendas op te stel, aantekenin­ge by te hou en die belangrikh­eid daarvan om databasiss­e van belanghebb­endes en lede te hou.

Die NWKV sê in ’n verklaring die boere se terugvoer was dat die uitbreidin­g van sulke opleiding na die vlakke van skeerskure en distrikte ’n groot bydrae sal kan lewer tot die bedryf se groei en ontwikkeli­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa