Landbouweekblad

Lok Amerikaans­e jagters só

- — CHARL VAN ROOYEN

WAARDEVOLL­E wenke oor hoe Suid-Afrikaanse wildboere Amerikaans­e jagters kan lok, is op die Aldam-wildskool deur mnr. David Bergman, streekdire­kteur van die Amerikaans­e departemen­t van landbou in Arizona, gegee.

Betrokkenh­eid op die internet is noodsaakli­k, het hy gesê. Boere moet dus sorg dat hulle ’n Google-rekening het en hul besigheid aktief op Facebook bemark. Wanneer jagters na jaggeleent­hede soek, is dít waar hulle navorsing begin doen.

Maak dit so lekker moontlik vir die jagter. Doen ekstra moeite, soos ekstra wildritte sodat hy in die natuur kan ontspan. Volgende keer bring hy dalk sy vrou en kinders saam. Die jagter moet dus oorreed word om terug te keer. Daarvoor moet die boer self by reklame vir sy jagbedryf betrokke wees. “Afrika hou ’n romantiese beeld vir jagters in. Benut dit,” het Bergman gesê

In 2016 het 101,1 miljoen Amerikaner­s van 16 jaar en ouer die een of ander vorm van jag, hengel of aktiwiteit­e in die natuur geniet. Dit het vir die besteding van sowat R1,8 duisend miljard ($156,3 miljard) gesorg. Sowat 40 miljoen mense het gejag of gehengel of albei aktiwiteit­e beoefen.

Bergman het gesê baie Amerikaans­e jagters is agter groot- en kleinwild aan, maar baie van hulle verkies voëljag, wat ook deur Suid-Afrikaners aangebied moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa