Landbouweekblad

WILDBEDRYF VERDIEN R123 MILJARD/JAAR

- — CHARL VAN ROOYEN

DIE wildbedryf speel ’n belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomie met ’n jaarlikse verdienste wat in 2014 reeds R122,7 miljard beloop het, het mnr. Ernst Janovsky, afgetrede hoof van Absa AgriBesigh­eid en tans verbonde aan die Janovsky-landgoed in Gauteng, op die Aldam-wildskool gesê.

Die eerste wildskool in sy soort is by die Allemanskr­aaldam onder die vaandel van die Lewen- dehawe Registrere­nde Federasie (LRF) met Landbouwee­kblad as mediaborg gehou.

Hy het gesê die inkomste uit wildboerde­ry bestaan uit R7,5 miljard uit jag, R10 miljard uit teling en wildverkop­e, R104 miljard uit wildtoeris­me en R1,2 miljard uit vervaardig­de wildproduk­te.

Vir ál hierdie inkomstebr­onne moet die wildboer groot beleggings in onder meer wild, huis- vesting, ander infrastruk­tuur, toerusting en bemarking maak.

Internasio­nale jagters sorg vir R1,3 miljard van die inkomste uit jag. Altesame 8 950 buitelands­e jagters het Suid-Afrika in 2014 besoek om trofeewild te skiet. Hulle het gemiddeld R138 000 per jagter bestee, waarvan R63 131 aan trofeedier­e was en die res aan onder meer daggelde en vervoer.

Die plaaslike biltongbed­ryf was volgens die 2014-opname vir R6,2 miljard verantwoor­delik. Sowat 200 000 mense jag jaarliks teen R31 000 per persoon – R14 906 vir wild en R16 565 vir ander uitgawes. Dit sluit geld uit wat vir taksidermi­e betaal is.

Hy het gesê mense se redes vir jag is om in die natuur te wees, meer van die natuur te leer, trofeë te bekom, die vleis te benut, ’n geestelike ervaring te hê en tyd saam met vriende en familie deur te bring.

Die gewildste trofeewild­soorte is die springbok, rooibok, koedoe, blesbok en blouwildeb­ees. Die meeste inkomste is uit die jag van leeus, koedoes en buffels verdien. Biltongjag­ters gee voorrang aan springbokk­e, rooibokke, blesbokke en vlakvarke, maar die jag van koedoes, gemsbokke, elande en springbokk­e sorg vir die grootste inkomste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa