Landbouweekblad

SLAKPRODUK­SIE KÁN WERK

- GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die produksie van slakke vir gebruik deur mense bied ’n lewensvatb­are nismark in Suid-Afrika.

Volgens mnr. Stanley Micaleff van Stanley’s Snails in Benoni, Gauteng, is die grootste voordeel van ’n slakboerde­ry dat dit betreklik min ruimte verg om ’n groot hoeveelhei­d slakke aan die mark te lewer. “Suid-Afrika het talle kleinhoewe­s waarop mense met slakke in buitegebou­e kan boer,” sê hy.

Hy en sy vrou, Heather, boer al bykans ’n jaar lank met die gewone bruin tuinslak, Helix aspersa müller, deesdae bekend as Cornu aspersum, vir verskaffin­g aan restaurant­e.

Wilde slakke word in die Kaapse wingerde geoes, maar kan in die buitelug op stellasies geteel word. In die Micaleffs se geval word dit volgens ’n volwaardig­e teel-en-produsiest­elsel binnenshui­s gedoen.

Volgens Stanley is die oes van wilde slakke nie ’n volhoubare praktyk nie weens die seisoenale aard daarvan.

“Plaaslik kan met slakke in die buitelug op stellasies geboer word teen sowat 200 slakke/m2, terwyl binnenshui­se slakproduk­sie sowat 400 slakke/m2 beloop,” sê Stanley. Hoewel die binnenshui­se produksie van slakke duurder is as in buitelug, sê hy die groter hoeveelhed­e slakke vergoed meer as genoeg vir die aanvanklik­e onkoste.

Die Micaleffs verwerk ook self hul slakke en verskaf gaar, gekruide en vakuumverp­akte slakke aan naweekmark­te.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa