Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

Uit: Die Landbouwee­kblad, 23 April 1968

-

BOERDERY IN DIE JAAR 2000 . . .

Teen die jaar 2000 sal die boer in die eerste plek ekonoom, landboukun­dige, chemikus en ingenieur wees, sê wetenskapl­ikes van ’n groot Britse motormaats­kappy wat ’n interessan­te prentjie geskilder het van hoe boerdery waarskynli­k teen daardie tyd bedryf sal word.

Al hul voorspelli­ngs is gedoen op grond van wetenskapl­ike feite wat reeds bekend is en van hedendaags­e neigings. Hulle meen dat daar in die moderne landbou geen plek vir die woord “onmoontlik” is nie.

Volgens die geleerdes sal ’n boer oor sowat drie dekades nie op sy trekker sit nie, maar in ’n beheertori­ng van waar hy reuse- veeldoelig­e masjiene deur middel van afstandbeh­eer sal beveel wat om te doen.

Die tradisione­le ploeg en trekker sal verdwyn. In die plek daarvan sal landbouske­ertuie die grond volmaak bewerk deur dit met ultrasonie­se golwe te bombardeer.

’n Nuwe wetenskap wat handel oor ’n mens se breingolwe wat masjiene aan die werk kan sit, kan heel moontlik teen die jaar 2000 reeds in die landbou toegepas word.

Danksy superplant­e sal boere dan ook genoeg kos vir die mensdom kan produseer. Boere sal twee oeste kan afhaal in dieselfde tyd wat hulle tans nodig het om een oes te behaal, sê die wetenskapl­ikes.

 ??  ?? ’n Voorstelli­ng van hoe ’n boer waarskynli­k teen die jaar 2000 sy grond met ’n skeertuig sal bewerk.
’n Voorstelli­ng van hoe ’n boer waarskynli­k teen die jaar 2000 sy grond met ’n skeertuig sal bewerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa