Raaigras :Ditiswatonsweet
Raaigras (Lolium-soorte) is ’n tweesnydende swaard: Dit is waardevolle weiding, maar skep ook groot probleme as onkruid. Daar is egter ’n taktiek om raaigras se onkruiddoder weerstand te onderdruk.
Raaigras (Lolium-soorte) is waardevolle weiding vir vee en melk produksiestelsels. Die raaigras groep skep terselfdertyd ernstige onkruid probleme in die mee stege- was produksiestelsels van veral die Suid-en Wes-Kaap. Die raaigrasgroep bestaan uit vier Lolium-soorte en natuurlike kruisings van dié soorte, naamlik: Lolium multiflorum (Italiaanse of eenjarige raaigras), L. rigidum (eenjarige raaigras of Switserse raaigras), L. temulentum (drabok) en L. perenne (meerjarige raaigras).
Mettertyd het die soorte raaigras só vrylik met mekaar gekruis dat daar moeilik spesifieke soorte onderskei kan word waar dit as onkruid voorkom. Dus word die raaigrasgroep soms net as Lolium spp. beskryf.
Volgens dr. Wayne Truter, weidingkundige aan die Universiteit van Pretoria, is raaigras om vele redes waardevol. Dit is die algemeenste eenjarige aangeplante weiding vir die melkbedryf in gematigde streke. Boonop is dit die smaaklikste en voedsaamste gras in veeproduksiestelsels. In bewarings landbou stelsel sis dit’ n gewilde dekgewas. In 2015 alleen het dit ’n bydrae van R55 miljoen tot die Suid-Afrikaanse saadmark gelewer.
Die teling van nuwe raaigras kultivars en -seleksies is groot besigheid vir saadmaatskappye. Dié produkte moet onderskei word van “wilde” raaigras wat vervolgens beklemtoon word.
Volgens dr. P.J. Pieterse van die fakulteit landbou wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is raaigras die winterreënstreek se grootste onkruid in gesaaides, asook in wingerde en boorde. Wat raaigras ’n nóg gedugter onkruid maak, is die soort se geneigdheid om vinnig weerstandigheid teen onkruiddoders te ontwikkel. Daarom word dit wêreldwyd as die voorste weerstandige onkruid beskou.
Verskillende faktore dra daartoe by, maar die genetiese variasie wat in dié groep plante voorkom, is waarskynlik die belangrikste faktor. Heelwat planteienskappe dra by tot raaigras se sterk geneigdheid tot onkruiddoder weerstand: Die soorte moet kruis bestuif word, die oorheersende weerstandsgeen kan met stuifmeel versprei word, dit het ’n kortlewende saadbank van een tot twee jaar en – om alles te kroon – kom die onkruid in groot getalle voor.
SÓ BESTUUR AUSTRALIË DIE PROBLEEM
Aangesien Australië ook ’n groot probleem met raaigras as onkruid het, hoewel op ’n veel groter skaal as in Suid-Afrika, is daar baie klem op vernuwende raaigras bestryding as deel van’ n nasionale strategie om onkruiddoder weerstand te bestuur.
Die Australiese benadering steun sterk op die verlaging van onkruid plant getalle. Dit sluit in die vernietiging van saad (soos met die Harrington-werktuig wat saad vernietig), asook die verlaging en voorkoming van saadproduksie. Die koste verbonde aan spesiale (ekstra) gebruik van onkruiddoders vir weerstandbestuur bedra A$187 miljoen, wat bykomende koste is benewens die standaardpraktyk e met die gebruik van onkruiddoders en alternatiewe onkruid bestryding s metodes.
Die navorsers drre. C.P.D. Borger, A. Hashem en S.B. Powles het in 2010 en 2011 in Australië veldproewe gedoen (Weed Research, 2015) Hulle het bevind verhoogde sonlig-onderskepping deur koring en gars, in verhouding tot die sonlig wat vir raaigras beskikbaar is, was hoogs doeltreffend om raaigras by albei gewasse te onderdruk. Hoe meer sonlig ’n plant kan onderskep, hoe sterker sal dit groei en ontwikkel danksy verhoogde fotosintese.
In die studie is die verhoogde onderskepping van sonlig deur gewasplante op twee maniere bewerkstellig, naamlik ’n oos-wes gewasry-oriëntasie pleks van noord-suid, en ’n hoër saaidigtheid vir sterker mededinging met raaigras. Indies tingel verlenging stadium was die gemiddelde sonlig wat vir raaigras beskikbaar was, 39% met ’n O-W-ryrigting en 56% met ’n N-S-ryrigting; in die aar- en bl omvorming stadia was dit 28% met’ n O-W-ryrigting en 53% met ’n N-S-ryrigting.
Die voordeel van ’n O-W-ry-oriëntasie vergeleke met ’n N-S-oriëntasie was van vroeg af waarneembaar; in die stoelstadium het 78% sonlig die raaigras bereik in ’n O-W-gewasryrigting, vergeleke met 91% sonlig in die N-S-rigting. Raai grassaad produksie is dan ook betekenisvol verlaag met die O-W-gewasryrigting vergeleke met die N-S-ryrigting. Die saaidigtheid van die gewas het ook raai grassaad produksie beïnvloed, naamlik gemiddeld 3,354 raaigras sade perm 2 by’ n hoë gewas digtheid teenoor 5,092 sade per m2 by ’n lae gewasdigtheid. (Saaidigthede vir koring was 60 kg of 120 kg per ha, en vir gars 50 kg of 100 kg per ha).
In ’n oorsigartikel deur MI Ferreira en CF Reinhardt (African Journal of Agricultural
Research, Vol 11, 2016) word gewys op die voordele wat sogenoemde “smoorgewasse”
(smother crops) vir die onderdrukking van onder meer raaigrassoorte inhou.
By lewende én dooie dekgewasse is een faktor vir die onderdrukking van onkruid die onderskepping van sonlig en die gevolglike voorkoming/verlaging van die ontkieming van onkruidsaad. Raaigrassaad benodig ’n kritieke hoeveelheid en gehalte sonlig vir ontkieming. Nog ’n voordeel van dekgewasse vir onkruid bestryding is die afskeiding van chemiese verbindings( al lel o chemikalieë) deur lewende plante en hul reste (dooie plantmateriaal) wat die ontkieming en groei van onkruid kan beperk.
MINDER ONKRUIDDRUK
Die beginsel dat plante swakker groei as sonlig van hulle weerhou word, vind toepassing in die algemene waarneming dat daar minder onkruiddruk is waar die gewas dig groei. Voorbeelde van sulke situasies is eenjarige gewasse onder besproeiing, gevestigde vrugteboorde met min oop spasie tussen bome en tafel druif wingerd wat bolangs toe rank.
Dié voordelige situasie waar die gewas die onkruid letterlik oorskadu, is egter in party situasies nie vir die produsent beskore nie.
Voorbeelde daarvan is waar groot ooreenstemming in die gewas en onkruid se grootte en groeivorm is (raaigras by kleingrane is ’n sprekende voorbeeld); wanneer die gewas onder stremming verkeer en onkruid daardie toestande beter kan verdra( droogte is bevorderlik vir onkruid ontwikkeling ); relatief groot tussenry- en binneryspasies waar gewasse in marginale gebiede verbou word (voorbeelde daarvan is mielielande en pekanneutboorde in die westelike dele van die somerreëngebied).
Dit klink voor die hand liggend om te verkondig die sleutel tot suksesvolle onkruidbestuur is om onkruidgetalle laag te hou. Dié strewe kry egter nuwe betekenis wanneer die besef by ’n mens deurdring dat lae onkruidgetalle die kern vorm van suksesvolle weerstandbestuur.
Lae onkruidgetalle beteken nie alleenlik minder mededinging met die gewas om sonlig, water en voedingselemente nie, maar terselfdertyd minder onkruidsade vir nuwe geslagte onkruid in opvolgende seisoene.
Dit verklaar waarom die Australiërs soveel energie en geld bestee aan die voorkoming en vernietiging van onkruidsaad. Suid-Afrika is agter wat betref bewustheid van onkruidweerstand en die skade wat dit berokken, Ons sukkel nog met die toepassing van doeltreffende maatreëls vir weerstandbestuur.
Vele kenners het al herhaaldelik verkondig dat onkruiddoder weerstand daadwerklike n doeltreffend bestuur moet word. Die praktyke om dit reg te kry is ook goed bekend, maar word selde betyds en korrek toegepas. Die kern van suksesvolle weerstand s bestuur is tydige optrede (al voor die probleem bestaan) en om soveel moontlike metodes in te span om onkruid te bestry.
Dr. Charlie Reinhardt is projekleier van die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddoder weerstand( die SA H R I-program) aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook akademikus/navorser in die MonashVilla-vennootskap, buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en buitengewone professor in die departement agronomie, Universiteit Stellenbosch.