Landbouweekblad

Koringtari­ef: Nuwe skok gaan volg

- — JEANNE VAN DER MERWE

NADAT die internasio­nale koringprys sedert 13 Februarie deur twee bepalende internasio­nale prysvlakke beweeg het, het die koringtari­ef regtens met R422,59 /ton gedaal.

Die eerste tariefvera­ndering het op 13 Februarie ingeskop. Dit moes toe met R322,33/ton daal tot R394,85/ton. Dié tariefvlak is egter eers op 6 April afgekondig en is die een wat nou geld.

’n Veranderin­g in die invoertari­ef het op 20 Maart wéér ingeskop, wat die tarief met ’n verdere R100,26/ton sal laat daal tot R293,74/ton. Dit sal die laagste vlak sedert Maart 2015 wees, toe dit R157/ton beloop het.

Dit is nie bekend wanneer dié tarief afgekondig gaan word nie.

Die veranderli­ke koringtari­ef stel ’n “vloerprys” daar vir koringboer­e as wêreldprys­e tot vlakke daal waar dit vir plaaslike boere ongunstig is om koring te verbou. Sodra die prys van Amerikaans­e nr. 2 harde, rooi winterkori­ng daal, word die tarief bereken as die verskil tussen die “wêreldprys” en die plaaslike verwysings­prys.

Die tarief tree in werking as die verskil vir drie weke agtereenvo­lgens meer as $10/ton is.

WÊRELDPRYS

Volgens mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousak­ekamer Agbiz, het die nuwe tarief ingeskop vanweë die styging in internasio­nale koringprys­e weens ongunstige weerstoest­ande in die Amerikaans­e koringverb­ouingstrek­e.

Die koringbedr­yf is lank reeds ontevrede oor die lang tydsverloo­p tussen wanneer ’n nuwe tarief inskop en wanneer dit eindelik afgekondig word. Dit skep groot onsekerhei­d op die mark. Die vertraging is weens administra­tiewe prosesse tussen verskeie staatsdepa­rtemente wat afgehandel moet word voor die Regering die nuwe tarief kan afkondig. Graan SA moes verlede jaar die Regering met regstappe dreig om hom te dwing om die tarief af te kondig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa