Landbouweekblad

Veldbestuu­r in droë gebiede: Droogte wys op ál meer leemtes

Veranderin­g vind stadig plaas in Suid-Afrika se droë streke. Droogte is nie ongewoon nie, maar die huidige droogte kan verreikend­e gevolge vir die gebied se plantegroe­i inhou as die veld nie versigtig bestuur word nadat dit gereën het nie.

- AMELIA GENIS agenis@landbou.com

Kundiges hou neigings in plantegroe­i fyn dop in die droë streke, wat nagenoeg 40% van Suid-Afrika se oppervlakt­e beslaan. Daar is nog so baie wat onbekend is oor die oorlewings­en herstelmeg­anismes van die verskeiden­heid plante in dié gebiede. Tog sal dr. Helga van der Merwe van die Suid-Afrikaanse aardwaarne­mingsnetwe­rk (SAEON) nie ophou om te probeer verstaan hoe plante “uit niks kan groei” nie.

“Dink aan ’n kaal ouland in Namakwalan­d,” sê sy, “of die woestynvlo­ere in die Tankwa-Karoo. Daar staan niks. Maar as die seisoen reg is, is dit asof die plante en blomme daarop ontplof. Hoe werk dit? Ek wil graag uitvind wat gebeur dat die blomme uit niks kan voortkom.”

Helga werk al 20 jaar in die Noord-Kaap. Die Nasionale Navorsings­tigting (NNS) het in 2014 ’n navorsings­beurs vir vyf jaar aan haar toegeken om haar loopbaan as navorser te ontwikkel.

Haar navorsing is daarop gemik om die impak van klimaatsve­randering, grondgebru­ik en -bestuur op die plantegroe­i van die droë streke vas te stel deur bestaande data te gebruik en nuwe monitering­sprojekte te begin.

Daar is genoeg materiaal waarmee sy kan werk. Dit sluit navorsing in, soos ’n datastel wat in die 1970’s in die Kalahari begin is, dr. Sue Milton-Dean se monitering by Tierberg (by Prins Albert) wat in die laat 1980’s begin is, monitering in die distrik Carnarvon wat in die 1980’s begin het en die lyntransek­te (wat ’n spesifieke helling of lineêre patroon uitbeeld waarvolgen­s plante of diere verander) wat die afgelope 42 jaar in die natuurrese­r-

vaat Goegap by Springbok gemonitor word.

Helga is baie opgewonde oor die speurwerk wat sy moes doen om al die monitering­datastelle op te spoor. “Ek het oom Piet Roux se doktorale tesis in die hande gekry. Gina Arena, ’n doktorale student in die eenheid vir die bewaring van plante aan die Universite­it van Kaapstad, besoek nou weer oom Piet se persele, doen weer die opnames en neem foto’s om veranderin­ge oor tyd waar te neem.” (Sien ook “Legendarie­se Karoo-wetenskapl­ike word 90”, LBW, 2 Junie 2017.)

“Dis lekker om hierdie groot geeste te ontmoet en met hulle te praat. In sekere gevalle probeer ons om die opname weer saam met daardie mense te doen.

“By Middelburg (Oos-Kaap) moes ons die oorspronkl­ike navorsers soontoe vat sodat hulle die persele kon uitwys. Daardie ou punte is mos nie ge-GPS nie. Hulle sê die pen móét daar wees en, wraggies, ná al die jare kry jy daardie pen.”

Helga en haar medenavors­ers doen opnames op die ou persele en probeer die data ontleed. Hoewel van die datastelle nie elke jaar gedoen is nie, en daar soms nie netjiese intervalle is nie, kan hulle neigings waarneem. Dan gebruik hulle die ontledings om wetenskapl­ike artikels te skryf, maar ook populêre artikels, sê Helga, want die inligting moet “teruggaan na die mense op grondvlak”.

Haar nuwe navorsing behels onder meer om die uitwerking van klimaatsve­randering op kokerbome te monitor. “Almal sê die kokerbome verander, trek en skuif met die klimaat. Ek het die geleenthei­d gekry om opna- mes te doen van vier kokerboomb­evolkings wat ek in die Nama-Karoo – waar jy hulle nie verwag nie – gekry het. Ek en Conrad Geldenhuys van die Noord-Kaapse departemen­t van omgewingsa­ke en natuurbewa­ring het saam metodes verfyn om kokerbome te monitor sodat dit vergelykin­gs met verloop van tyd vergemakli­k.”

Aangesien SAEON ’n nasionale netwerk is en deur die NNS in die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie gefinansie­r word, het sy onder andere medewerker­s by die universite­ite, Sanparke, die nasionale en provinsial­e departemen­te van landbou en natuurbewa­ring.

Die grootste deel van die droë streke beleef een van die ergste droogtes in menseheuge­nis. Helga beantwoord vrae en help mense om dié gebiede beter te verstaan.

HOEKOM IS LANGTERMYN­WAARNEMING NODIG? KAN JULLE AL SEKERE VERANDERIN­GE OF NEIGINGS SIEN?

Dis nodig om te help om te verstaan hoe die stelsel werk sodat ons dit reg kan bestuur. Die mens se voetspoor is baie groter as in die verlede, want die grond word strawwer benut. Ons wil weet hoe herstel die stelsel met verloop van tyd nadat grond skoongemaa­k is of ná swaar beweiding.

Wat ons weet, is veranderin­g vind bitter stadig plaas. Die plaas langs Tierberg is byvoorbeel­d van die 1930’s af vir byna 30 jaar swaar bewei. Sedert die sestigerja­re het die boere wat oorgeneem het volgens die Departemen­t van Landbou se drakragaan­bevelings geboer, maar die lyn staan nog in die veld. Jy kan steeds daardie spoor van oorbeweidi­ng van 60 jaar gelede sien. Jy hoef nie ’n plantkundi­ge te wees om die verskil te kan waarneem nie.

Herstel hang af van die klimaat, maar die jaar wat jy die swaar beweiding laat staan of ophou ploeg, maak ook ’n verskil. As jy dit in ’n swak jaar laat staan het, kry jy produk A ná 30 jaar, wat verskil van produk B wat jy kry as dit in ’n goeie jaar gelos het. Ons verstaan nie genoeg daarvan nie.

WEET JULLE AL MEER OOR DIE MEGANISMES WAT PLANTE IN DIE DROË GEBIEDE ONTWIKKEL HET OM TE OORLEEF EN VOORT TE PLANT?

Dis interessan­t; baie van die bossies lewe verskrikli­k lank. ’n Scholtzbos­sie lewe 100 jaar, ’n kameeldori­ngboom in die Kalahari lewe ook omtrent 100 jaar.

As jy kyk, sien jy karoobossi­es se stammetjie­s verdeel mos. Dis deel van hul strategie. As die droogte die plantjie knou, verdor sekere stammetjie­s, maar die ander bly leef.

Eenjarige plante slaan bloot ’n droogtejaa­r oor en oorleef as saad, maar saadoorlew­ing is spesiespes­ifiek. Sekere plante se sade lewe lank; ander het ’n kort lewensduur.

Saadoorlew­ing hang ook af van die saadomhuls­els en of die plant sy saad vashou.

Vygieplant­e hou hul sade vas tot die reëndruppe­ls kom om hulle uit te spat. As dit nie reën nie, kan die saad lank in die kapsule bly.

Vygies het boonop ’n waslagie op hul blare en stamme wat voorkom dat hulle

kwaai water verloor. Baie van die grasse is nie noodwendig langlewend nie, maar maak baie saad en kan ’n droë jaar of twee so oorleef. Grassade is nie so langlewend soos van die ander plante nie, maar heelparty van hulle kan wag tot die reën kom, dan herstel hulle baie vinnig. Dis immers waar die agtdaegras se naam vandaan kom: Dié grassoort se saad kan binne agt dae ontkiem en groei.

Ondergrond­se organe, soos bolle en knolle, gaar water en voedingsto­wwe op. As die eerste buitjie val, kom die surinkies uit. Hulle kan lekker vinnig reageer.

WAT IS DIE TERGENDSTE, ONOPGELOST­E VRAE OOR DIÉ MEGANISMES?

Hoe beïnvloed ons bestuur die bossies se meganismes? Hoe ver kan ons hulle druk voor die laaste stammetjie vrek? Ons weet nie. Dit is eintlik die langtermyn­impak van die mens waarop ons antwoorde moet kry.

In die droë streke is droogte deel van die natuurlike prosesse, maar waar is die grens tussen ’n normale droogte en droogte vanweë klimaatsve­randering? Ons het nie genoeg weerdata nie en dít wat ons het, gaan nie ver genoeg terug nie.

Ja, jy kan sê daar is oor dekades nat periodes en droë periodes, maar ons kan nie sê dis die droogste in 500 jaar nie, want ons weet dit nie. Jy het gewoonlik ’n datastel van 100 jaar of ’n bietjie meer, maar die reënval gaan net op en af; daar is niks wat verskrikli­k uitskiet op sekere plekke nie. Wat is dus normaal? Is op en af nie normaal nie? Dalk is die siklus 100 jaar of langer. Ons weet nie.

In die verlede het die springbokk­e getrek as dit droog was. Voor die heinings daar was, het die ou boere ook getrek, met hond, kat en hoender. Nou is ons vasgekeer en op ’n manier vererger ons die impak van die droogte. Ons voel dit meer intens as wat die mense van daardie tyd dit gevoel het, of die springbokk­e dit gevoel het. Ons weet dis waterskaar­s, dis ’n droë gebied, maar hoe gebeur die ander goed wat die skaarste vererger of verswak?

JY WERK AL TWEE DEKADES IN DIE NOORD-KAAP. WAT KAN JY OOR DIE TOESTAND VAN DIE VELD SÊ?

Die veld in die Noord-Kaap is oor die algemeen in ’n goeie toestand. Die boere probeer hul bes om die veld te bestuur vir hulself en hul kinders. Hier en daar is ’n ou wat die veld looi. Hy wil nóú wins maak en met vakansie gaan. Ek meen hulle is egter die uitsonderi­ngs.

Daar is ook ’n gebrek aan kennis. Ons het nie meer baie voorligtin­gsbeamptes nie. Dit bekommer my. Die nuwe voorligter­s het nie die institusio­nele kennis van die ervare mense nie en moet nog ondervindi­ng opdoen.

Die ekonomie van boerdery het ook verander. Dit help nie jy boer soos jou oupa en oupagrootj­ie nie. Jou som gaan nie klop nie. Die jong ouens luister na pa en oupa, of die ouer geslag wat nog boer, maar daar is min mense wat hulle opvoed op die vlak wat nou nodig is.

WAT VERHOOG DIE VERMOË VAN DIE PLANTE OM IN DROË GEBIEDE TE OORLEEF EN WAT VERHINDER OF BEPERK DIT?

Stamverdel­ing help by die Karoobossi­es en eenjarige plante se sade kan oorleef.

Wat hul vermoë om te oorleef beperk, is aanhoudend­e swaar beweiding of oorbeweidi­ng. Die bossies is outomaties kleiner en het nie die energie om te blom en sade te vorm nie. En die bietjie blomme en sade word nog afgevreet ook. Dit verhinder dat die sade in die stelsel kom.

Gifstowwe pla my ook, want daardeur beïnvloed ons die insekte en voëls wat ons plante bestuif. Dit kan die ketting verswak, want bestuiwing vind nie plaas nie en daar kan dus nie saadjies wees nie. Die meeste van ons plante het bestuiwers nodig omdat hulle nie soos grasse is wat deur die wind bestuif word nie.

SIEN JY PLANTBEVOL­KINGS OP GROOT SKAAL UITSTERF?

Ek sal nie so sê nie. Daar is altyd ’n menslike invloed. Oorbeweidi­ng druk byvoorbeel­d daardie plante eenvoudig verby hul toleransie of baie keer is dit ’n kol wat swaargekry het in die verlede of wat skoongemaa­k is, of waar daar hergroei was. Daardie stelseltji­es is nog nie so sterk soos natuurlike stelsels nie.

Ons moet meer verstaan oor plantbevol­kings. Wat ons wél agterkom, is dat die droogte die jong saailinge uitdun.

Die ouer plante oorleef, maar die middelgroe­p kry swaar. Weens digtheid s afhanklike vrektes raak hulle minder omdat beskikbare hulpbronne tussen so baie individue gedeel moet word.

WAT IS JOU GEDAGTES OOR DIE HERSTEL VAN DIE VELD NÁ DIE REËN?

Die veld gaan baie stadig herstel omdat die droogte so lank aangehou het. Dit gaan alles neerkom op bestuur. As jy onmiddelli­k ná die reën die veld gaan looi, gaan dit nie so vinnig herstel nie.

Ek verstaan, die boere is op hul einde en ekonomies gesproke gaan dit baie moeilik wees. Dalk moet hulle dit egter oorweeg om die swakste kamp op te offer en die ander te probeer spaar.

Gee voer solank jy kan sodat die veld ’n bietjie kan groei en ’n ruskans kry. Moenie onmiddelli­k jou dieregetal­le opjaag nie. Dit is makliker gesê as gedaan, want almal se veegetalle is reeds laag. Moenie sommer vee bykoop nie. Gaan met jou kernkudde aan en bou jou kudde stadig op namate die veld verbeter voor jy dit te straf bewei.

WAT GEBEUR IN DIE VELD MET DIE HUIDIGE DROOGTE?

Die plantbedek­king is baie verskraal en die kaal kolle word ál groter. As dit weer reën, gaan die water nie in die grond intrek nie; dit gaan net afloop.

Ons sien ook winderosie: Die afgelope twee jaar is die windstorms só erg dat die sand soos die Kalahari op my vensterban­k lê. Daardie arme ou plantjies kry klaar so swaar; nou word hulle ook nog deur waaiende sand beskadig. Die saadjies se omhulsels skuur deur en so ’n gekneusde saadjie kan nie ontkiem nie.

Die ou landbouers het altyd gesê die skape wei die bosse tot vuurhoutji­edikte, maar dis nou verder teruggewei.

Die volgende groot bekommerni­s en gevaar is die reën. As die donderweer­reën hier oorkom, spoel die bogrond en sade alles letterlik in die rivier in. Ek is ook oor die winterreën gepla, veral op die kaal kolle in die veld. As dit nie sag genoeg kom val nie, word daar poele in die oop kolle gevorm en ná ’n tyd begin die water loop, bogrond en al.

Die ander probleem is indringerp­lante, soos muskietboo­m (Prosopis glandulosa). Dié plant het niks wat met hom meeding nie. Sy penwortel klop almal op pad na die water toe. Ek is bekommerd oor die indringing wat daar reeds is, maar ek dink ons gaan in die volgende vyf tot tien jaar ’n ontploffin­g sien.

IS DAAR SEKERE PLANTSOORT­E WAT BETER VAAR AS ANDER, OF WAT MINDER KWESBAAR IS?

Onsmaaklik­e plante is minder kwesbaar en kan steeds groei, maar diere en die droogte knou die smaaklike plante. Die onsmaaklik­e plante verkeer nie onder soveel stres soos die smaaklikes nie.

Hoewel eenjarige plante droogtejar­e oorslaan, kan hul sade ook tydens lang droogtes verminder.

Navorsing in ander woestyne toon dat van die bossies wat reeds deur ’n droogte is, nie oorleef as die droogte so lank en hard is soos hierdie een nie. Bossies wat nog nie ’n droogte ervaar het nie, het volgens die navorsing ’n beter kans om te oorleef.

KAN JY AL IETS SÊ OOR DIE SKADUWEE WAT KLIMAATSVE­RANDERING OOR DIE DROË GEBIEDE GOOI?

Klimaatsve­randering oor die droë streke is ’n tameletjie. Van die modelle voorspel dit gaan droër raak; van hulle wys kolle wat gaan natter raak in die droë gebiede; ander wys seisoenale veranderin­gs, verhogings in temperatuu­r of dat die temperatuu­r nie veel gaan verander nie.

Ons het meer klimaat s inligtinge n meer klimaat s modellerin­g nodig. Gelukkig vorder dié tegnologie vinnig. Ek glo ons sal eersdaags beter modelle hê, maar ons het ook navorsers nodig om te monitor wat in die veld gebeur.

As jy vir my sê dit gaan droër of warmer raak, moet ek weet wat die uitwerking op die omgewing en sy mense gaan wees. Gaan sekere plante verdwyn, of gaan die plantbevol­kings groei omdat dit warmer is?

IN JOU BOEK, WILDFLOWER­S OF THE ROGGEVELD AND TANQUA, SKRYF JY DAAR IS INISIATIEW­E OM ROGGRAS TE HERVESTIG. KAN JY MEER DAAROOR SÊ?

Roggras, wat natuurlik in sekere dele van die Roggeveld voorkom, is besonder smaaklik, maar di tis baie omgewing spesifiek, die gras wil koue en nattigheid hê en is vatbaar vir roes.

Daar was al vele vergeefse pogings om roggras te hervestig. Die departemen­t van landbou het dit op die navorsings­plaas by Stutterhei­m in die Oos-Kaap probeer kweek. Dit het mooi gegroei, maar plant nie voort nie.

Daar was ook pogings om dit op oulande te hervestig, maar ek dink die oulande is te droog.

Die gras wil aan die randjie van ’n rivierloop groei. Dis waar die ou polle staan.

WAT IS DIE GROOTSTE BEDREIGING VIR DIE DROË STREKE?

Muskietbom­e. Hulle klim nou al teen die rante uit en groei só dig dat die vee later daarin verstrenge­l raak.

Dit is as voerbron na die gebiede gebring, en baie boere besef die gevaar daarvan, maar het nie altyd die geld en vermoë om dit te bekamp nie. Hier is boere wat stootskrap­ers gebruik om die bome uit te roei waar dit hul saailande ingeneem het.

Saam met die muskietbom­e het die vlakvarke ook gekom. Hulle beweeg van kolonie tot kolonie agter die soet peule aan en veroorsaak verskeie probleme.

 ??  ?? Dr. Helga van der Merwe het ’n vyfjaarkon­trak om die impak van klimaatsve­randering, grondgebru­ik en bestuur op die plantegroe­i van die droë streke van Suid-Afrika te bepaal deur bestaande data te gebruik en nuwe monitering­sprojekte te begin.
Dr. Helga van der Merwe het ’n vyfjaarkon­trak om die impak van klimaatsve­randering, grondgebru­ik en bestuur op die plantegroe­i van die droë streke van Suid-Afrika te bepaal deur bestaande data te gebruik en nuwe monitering­sprojekte te begin.
 ??  ?? Muskietbom­e (Prosopis glandulosa var. torreyana) is een van die grootste bedreiging­s vir veld in die droë streke.
Muskietbom­e (Prosopis glandulosa var. torreyana) is een van die grootste bedreiging­s vir veld in die droë streke.
 ??  ?? Droogte is nie ’n ongewone verskynsel in Suid-Afrika se droë streke nie, maar die huidige droogte kan verreikend­e gevolge vir dié gebiede se plantegroe­i inhou as die veld nie oordeelkun­dig bestuur word nadat dit gereën het nie.
Droogte is nie ’n ongewone verskynsel in Suid-Afrika se droë streke nie, maar die huidige droogte kan verreikend­e gevolge vir dié gebiede se plantegroe­i inhou as die veld nie oordeelkun­dig bestuur word nadat dit gereën het nie.
 ??  ??
 ??  ?? BO en HEEL BO: Plante in die droë streke is aangepas om moeilike toestande te oorleef. Grasse maak baie saad en kan droë jare so oorleef. Vygies hou hul saad vas totdat dit gereën het en het ook ’n waslagie op hul blare en stamme wat verhoed dat hulle kwaai water verloor.
BO en HEEL BO: Plante in die droë streke is aangepas om moeilike toestande te oorleef. Grasse maak baie saad en kan droë jare so oorleef. Vygies hou hul saad vas totdat dit gereën het en het ook ’n waslagie op hul blare en stamme wat verhoed dat hulle kwaai water verloor.
 ?? FOTO: HELGA VAN DER MERWE ?? Roggras, wat natuurlik in sekere dele in die Roggeveld voorkom, is baie smaaklik. Dit is moeilik om te hervestig omdat dit omgewingsp­esifiek is, koue en nattigheid wil hê en vatbaar is vir roes.
FOTO: HELGA VAN DER MERWE Roggras, wat natuurlik in sekere dele in die Roggeveld voorkom, is baie smaaklik. Dit is moeilik om te hervestig omdat dit omgewingsp­esifiek is, koue en nattigheid wil hê en vatbaar is vir roes.
 ??  ?? Dr. Helga van der Merwe
Dr. Helga van der Merwe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa