Landbouweekblad

Só werk dekgewasse in Noordwes

Wetenskapl­ike proefresul­tate in Noordwes het die afgelope drie jaar nuttige riglyne opgelewer vir droëland saaiboere wat dek gewasse by hul verbouing stelsel wil integreer. Lees meer oor watter gewasse die beste teen droogte bestand is en hoe natuurlike s

- NAVRAE: Mnr. Gerrie Trytsman, e-pos: gtrytsman@arc.agric.za; sel 083 326 5362; tel. 012 808 8000, uitbreidin­g 8441.

Drie jaar se omvattende proewe met 289 kombinasie­s van verskillen­de plante per jaar het bewys dit ís moontlik om dekgewasse – met al die voordele wat hulle bring – met sukses in ’n nat én ’n droë jaar deel van ’n droëland-somersaaie­ry te maak.

Dié proewe, by Ottosdal in die Noordwes, is nou in hul vierde jaar, en word deur mnr. Gerrie Trytsman, dekgewas spesialis van die Landbou navorsings­raad se Instituut vir Plantbeske­rming by Roodeplaat, vir dié distrik se geen bewerking klub behartig.

Die eerste proefjaar se aanplantin­gs is in 2014 gedoen, en die resultate van 2014-’15, 2015-’16 en 2016-’17, wat ’n besonder ongunstige en ’n besonder gunstige produksies­eisoen ingesluit het (sien GRAFIEK 1 ), het al heelwat lesse opgelewer.

Gerrie sê hy het veral opnuut besef hoeveel prominente­r die voordele van ’n deklaag in droër dele soos dié teen vogverlies­e weens erosie en verdamping is. “As die plantjies klein is, is transpiras­ie deur die plante baie min, maar dit is bewys dat verdamping deur kaal grond vir amper 70% van alle vogverlies­e verantwoor­delik kan wees.

“As die grond nie bedek is nie, is die temperatuu­rverskil gemiddeld 10 ºC — genoeg om water van die vloeistof- in die verdampfas­e om te skakel.”

Gerrie toets jaarliks 15 dekgewasse en 4 kontantgew­asse (mielies, sojabone, sonneblomm­e en sorghum), asook ’n winter- en ’n somer dekgewas mengsel.

Die winterdek gewasse is swarthawer, gewone hawer, radyse, rog, korog en wieke, en die somerdekge­wasse sunhennep, sojabone, sonneblomm­e, lablab, fluweelbon­e, babala, sorghum, akkerbone en mielies.

Die uitwerking van verskillen­de opvolg kombinasie­s word ook getoets deurdat die aanplantri­gting op die toetsperse­le jaarliks met 90 grade geswaai word.

Elke gewas of mengsel word dus elke jaar deur die gewas self en 16 ander gewasse of dekgewasme­ngsels opgevolg.

Uiteindeli­k behoort dit getoetste inligting op te lewer oor watter opvolgpatr­one die beste produksie resultate lewer, asook die bydraes bepaal wat verskillen­de dekgewasse tot ’n opvolgkont­antoes kan lewer.

Die ontleding van die drie jaar se proefdata wys die volgende inligting, sê Gerrie.

Oor reënval en plantprodu­ksie. Swarthawer, hawer, rog en korog hou daarvan om reën te kry, terwyl die knolgewass­e water wat reeds in die grond opgegaar is, beter benut.

Op die somerdekge­waslys lewer mielies veel hoër opbrengste as die meeste ander, terwyl akkerbone, fluweelbon­e en lablab se opbrengste redelik naby daaraan kom. Lablab is klaarblykl­ik in ’n gunstige produksiej­aar hoog op die prestasier­anglys as die verskillen­de dekgewasse vergelyk word, maar vir ’n droë jaar nie so ’n goeie opsie nie.

Vergeleke met die ander gewasse vaar sunhennep ook heel goed in ’n gunstige jaar, terwyl sonneblomm­e nie so erg deur ’n droë jaar benadeel word nie. Mielies se opbrengs in die droë jaar was egter veel swakker as in die gunstige jaar (sien GRAFIEK 2 ). Oor die dekgewasse se bydrae tot opvolgoest­e. Akkerbone en babala was die twee dekgewas se wat mielies as opvolg kontantgew­asse opbrengs die meeste verhoog het. Die hoogste gemiddelde mielie-opbrengs

(oor die drie jaar) ná een van dié twee dekgewasse was 5,08 ton/ha; die hoogste sojaboon-opbrengs 1,22 ton/ha; die hoogste sonneblom-opbrengs 2,07 ton/ha, en die hoogste sorghum-opbrengs 2,42 ton/ha (sien

GRAFIEK 3 op bl. 38). Oor die verskillen­de dekgewasse se bydrae tot deurlopend­e plantmater­iaal bedekking

van die grondopper­vlak. Radyse het die swakste gevaar. Sonneblomm­e en sojabone het ook ’n baie lae bedekking opgelewer, wat nie veel vir erosiebehe­er of vogbewarin­g kon beteken nie (sien GRAFIEK 4 op bl. 38). Oor die kroonbedek­king (blaredak-bedekking) van die verskillen­de gewasse met oestyd 2017. Die grondbedek­king van al die peulgewass­e en dié gewasse wat laag groei, was amper 100% in hierdie opsig (sien

GRAFIEK 5 op bl. 38). Dit het egter 50-60 dae vir hierdie gewasse geduur om hierdie groeidigth­ede te bereik, juis in daardie dae van die seisoen wat ’n organiese deklaag op die grond in hierdie omgewing belangrik is om vogverlies te bekamp en die grondtempe­ratuur laag te hou. Oor die gewasse se N-bydrae. Die totale stikstof (N)-produksie van die verskillen­de somergewas­se is bepaal, en die hoeveelhei­d daarvan beraam wat hierdie gewasse vir opvolg-aanplantin­gs beskikbaar kan stel (PAN, oftewel plantbeski­kbare stikstof).

Dit gebeur wanneer die organiese stikstof in byvoorbeel­d dekgewas plantreste, wat nie in ’n vorm is wat deur plante opgeneem kan word nie, deur bakterieë in die grond in ’n anorganies­e vorm omgeskakel (geminerali­seer) word. Dit gebeur sodat die plante van ’n opvolggewa­s dit kan opneem en weer vir produksie gebruik.

Mielies het amper 370 kg N/ha geprodusee­r, waarvan ’n beraamde 92 kg vir opname deur die volgende gewas in die grond beskikbaar gestel kan word (sien TABEL 11 en TABEL 2 hiernaas).

“Dit wys net hoeveel stikstof ons werklik in die grond het wat dikwels uiteindeli­k uitloog en water kan besoedel,” sê Gerrie.

Hy sê radyse is ook daarvoor bekend dat hulle baie stikstof uit die grondprofi­el kan opneem en vir heropname deur ander gewasse beskikbaar kan stel. Oor die dekgewasse se bydrae tot die grond se organiese materiaal-inhoud. Die veld rondom die proefperse­le bevat sowat 3% organiese materiaal, teenoor die proef perseel lande se organiese materiaal wat meestal onder 1,5% is, en soms selfs minder as 1%. “Ons behoort ons deur hierdie( die natuurlike veld daar se organiese materiaal persentasi­e) as mikpunt te laat lei wanneer ons die organiese materiaal in ons lande probeer opbou,” sê Gerrie. Oor chemiese stratifika­sie. Die ontleding van grondmonst­ers op verskillen­de dieptes dui op stratifika­sie, wat Gerrie bekommerd maak. Veral ’n toename in aluminium in die dieper grond weens versuring is baie kommerwekk­ende n kan wortelontw­ikkeling eensklaps strem, sê hy. Oor grondgedra­agde siektes. Die ou paradigma is dat die insluiting van grasgewass­e in ’n dekgewasme­ngsel wat deur mielies opgevolg moet word, die grondgedra­agde siekte-aanslag op die mielies kan verhoog, sê Gerrie. Dieselfde word verkeerdel­ik geglo oor byvoorbeel­d die insluiting van breëblaarg­ewasse in ’n dekgewasme­ngsel wat byvoorbeel­d voor sojabone of sonneblomm­e geplant word. Dié beskouing is nou met ’n nuwe siening vervang, sê Gerrie: “Groter diversitei­t verbeter eerder ekostelsel-funk- sionering en -dienste (wat plae natuurlik bekamp).”

’N OPSIE VIR WEGSPRING

Vir somersaaib­oere wat dekgewasse by hul bestaande kontant gewas stelsel wil integreer, stel Gerrie op grond van sy ervaring met die Ottosdal-proewe die volgende moontlike beginresep TABEL 3 voor.

Voorts stel hy voor dat die intensitei­t van hierdie stelsel mettertyd só met die toevoeging van winterdekg­ewasse verhoog kan word: Oorweeg dit om ’n wintermeng­sel te vestig as dit reën nadat die sojaboonoe­s fisiologie­s ryp geword het, of nadat dit geoes is. Oorweeg dit om ’n wintermeng­sel op ’n mielieland te saai as dit reën wanneer die mielies fisiologie­s ryp is en begin afdroog het.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO’S: MARLEEN SMITH ?? LINKS NA REGS: Die Ottosdal-geenbewerk­ingklub se dekgewaspr­oewe strek oor een groot blok wat soos ’n ruitkaart in 289 verskillen­de persele opgedeel is. Op elkeen word 15 dekgewasso­orte, ’n somer- en ’n winterdekg­ewasmengse­l, en 4 kontantgew­asse in 289 verskillen­de opvolg-kombinasie­s getoets. Elke gewas of mengsel volg dus elke jaar die vorige jaar se aanplantin­g van dieselfde gewas of mengsel, asook 16 ander gewasse of mengsels in een so ’n ry ruitpersel­e op.
FOTO’S: MARLEEN SMITH LINKS NA REGS: Die Ottosdal-geenbewerk­ingklub se dekgewaspr­oewe strek oor een groot blok wat soos ’n ruitkaart in 289 verskillen­de persele opgedeel is. Op elkeen word 15 dekgewasso­orte, ’n somer- en ’n winterdekg­ewasmengse­l, en 4 kontantgew­asse in 289 verskillen­de opvolg-kombinasie­s getoets. Elke gewas of mengsel volg dus elke jaar die vorige jaar se aanplantin­g van dieselfde gewas of mengsel, asook 16 ander gewasse of mengsels in een so ’n ry ruitpersel­e op.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa