Landbouweekblad

Boereplan: Spuit fnuik indringers boom vir boom

Indringerp­lante, soos lantana, swartwatte­l en selfs soetdoring, het boere aan die Oos-Kaapse kus en binneland raadop. ’n Meganiese balkspuit wat die indringers vasvat, bespaar sowat 30% aan arbeid, tyd en gifkoste

- NAVRAE: Mnr. Johann Els, e-pos: johannfels@ gmail.com

Boere het ’n nuwe hulpmiddel gekry in die oorlog teen jong indringerb­ome. ’n Boer het ’n meganiese balkspuit ontwerp waarvan die sproeiers deur ’n snellerwer­king geaktiveer word om jong bome individuee­l te bespuit. Die dwarsbalk van die staalbalks­puit met staalarms en sproeiers kan tot op ’n hoogte van 2,5 m oor bome beweeg en maak tot 80% van indringers op die veld dood.

Nie net speel mnr. Johann Els van die plaas Glen Kei by Komga op dié manier klaar met die hardnekkig­e indringers nie; hy bespaar tot 30% aan gifkoste en arbeid. “Een dag se spuit roei meer bome uit as wat 20 mense met knapsakke kan regkry.”

Sy seun, ook Johann, bestuur die plaas op die oewer van die Keirivier waar hulle met beeste en wild boer.

Johann sr., wat ook grondversk­uiwings in die omgewing doen en ’n werkswinke­l besit, het die balkspuit op dieselfde beginsel gegrond as spuite wat vir onkruidbes­tryding aangewend word. “Die voordeel van die spuit is dat hy ten volle meganies is en geen elektronie­se beheer nodig het nie.”

SNELLERWER­KING

Die spuit bestaan uit ’n balk met 18 staalarmpi­es en 36 sproeiers, sowat 300 mm van mekaar af daarop, wat aan ’n 5 000 liter-giftenk op ’n wa gekoppel is. Die sproeiers is aan ’n arm gekoppel wat teruggedru­k en deur ’n snellerwer­king geaktiveer word soos die spuit oor die jong boompies beweeg.

“As die balkspuit oor die boom beweeg, raak die armpie aan die boom, wat die arm opdruk, die kraan oopdruk en gif op die spuit. Daarna val die arm terug, die kraan gaan toe en geen gif word verder vermors nie,” sê Johann.

Die spuit se druk kom van ’n sentrifuga­le pomp, wat deur ’n hidroulies­e motor aangedryf word. Die motor is aan die trekker se hidroulies­e koppeling gekoppel. Die operateur kan die pomp vanuit die kajuit aan- en afskakel.

’n Hidroulies­e silinder pas die hoogte van die dwarsbalk tot hoogstens 2,5 m aan. Dit word ook vanaf die trekker beheer.

Met die kantarms oopgeswaai, is die hele balk 10 m wyd. “Die kantarms swaai na binne om vervoer te vergemakli­k. Dan is die balk sowat 4 m wyd.”

Die tenk het ’n klein terugvloei van die pomp af om te verseker die gif bly gemeng. Daar is ook ’n klein varswatert­enk op die wa sodat die stelsel ná die tyd met skoon water uitgespoel kan word. “Dit verseker dat die operateur nie aan die gif blootgeste­l word nie.”

As die tenk vol gif is, weeg die spuit sowat 6,5 ton. ’n Trekker wat daardie gewig kan trek, sal gebruik moet word. Op meer heuwelagti­ge terrein is ’n groter trekker nodig.

GROOT BESPARING

“Jy bespaar eerstens baie aan arbeid en tweedens aan gifkoste, want jy hoef nie meer aaneen te spuit nie. Ek meen jy verrig meer op een dag as wat 20 mense met knapsakke kan regkry,” sê Johann.

Nog ’n voordeel is dat operateurs beveilig word. “As jy met gif werk, is daar baie riglyboom

ne van toepassing. Dit behels handskoene, beskermend­e klere, gesigskerm­s en maskers. Al wat op die trekker nodig is, is ’n filter in die kajuit wat die lug suiwer.”

Hy sê boonop kan hy nou ’n gif gebruik wat “alles doodmaak” aangesien net die boom gespuit word. Dié soort gif is aansienlik goedkoper. “Jy kry tog ’n bietjie skade op die gras, veral as daar ’n bietjie wind is. Daarom moet jy verkieslik op ’n windstil dag spuit.”

Johann gebruik nou breëspektr­um- (of nie-selektiewe) plantdoder­s, soos Touchdown Forte (reg.nr. L7305 , Wet 36 van 1947) en Roundup (reg.nr. L0407). Vir aaneen spuit moes hy duurder plantdoder­s gebruik, soos Browser (reg.nr. L7357) en Brush-off (reg.nr. L4535), wat spesifiek vir breëblaaro­nkruid geformulee­r is.

Johann het die balkspuit met verskeie proeflopie­s getoets. In een gebied waar hy drie maande gelede gespuit het, is sowat 80% van die bome uitgeroei.

“Gif bly maar die enigste manier om die jong indringerb­ome te beveg. Nog ’n manier om van die bome ontslae te raak, is om die bome af te kap en met gif te bespuit, maar dit is duur en verg baie tyd en arbeid.”

WENKE

Dit is ongelukkig nie moontlik om tussen bome te onderskei nie. Die gif maak enige bome dood. “Jy moet dus eers die gebied wat jy behandel, mooi ondersoek. As jy sien dit is net doringbome kan jy maar die gebied met

die spuit behandel,” sê Johann.

Hy sê dat inheemse bome gewoonlik sowat 4 m tot 5 m hoog is. “Omdat die balkspuit net tot op ’n hoogte van 2,5 m kan spuit, word net jong indringerb­oompies bespuit.”

Johann beveel aan dat jy die gebied ná behandelin­g dop hou. “Loop twee weke ná behandelin­g deur die gebied en takel boompies wat nie gevrek het nie. Dan kan jy met knapsakke daardeur gaan en die boompies bespuit, of afkap en bespuit.”

GROOTLIKS VAN SKROOT GEMAAK

Johann het die voordeel dat hy baie skrootyste­r in sy werkswinke­l het waarmee hy van sy werktuie kan bou. Die dele wat hy moes aankoop, was die ronde staal, spuitkoppe en die watertenk wat op die waentjie gemonteer is.

Hy sê as iemand self so iets beplan, kan die lengte van die balk volgens die terrein aangepas word. “’n Wyer balk kan vir ’n plat gebied gebruik word en die balk kan korter gemaak word as die terrein heuwelagti­ger is.”

Dié nutsmanboe­r sit egter nie stil nie. “Ek werk aan nog maniere om indringerp­lante te beveg, maar dié planne is nog net in ’n konsepfase . . .”

 ??  ??
 ?? REGS: Mnr. Johann Els. ?? BO: Die hele eenheid bestaan uit ’n 5 000 litergifte­nk wat op ’n waentjie gemonteer is, die spuitbalk, ’n klein tenkie met skoon water en ’n sentrifuga­le pomp.
REGS: Mnr. Johann Els. BO: Die hele eenheid bestaan uit ’n 5 000 litergifte­nk wat op ’n waentjie gemonteer is, die spuitbalk, ’n klein tenkie met skoon water en ’n sentrifuga­le pomp.
 ??  ?? Dit is jong soetdoring­s soos hierdie wat groot probleme vir veeboere veroorsaak.
Dit is jong soetdoring­s soos hierdie wat groot probleme vir veeboere veroorsaak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Mnr. Ronnie Baartman, een van Johann se werknemers, demonstree­r hoe die oplig van die arm die spuit aktiveer.LINKS: Die arm en spuit is aan mekaar gekoppel en word individuee­l geaktiveer soos die balk oor die bome beweeg.ONDER: Die balk is 10 m lank, maar dit kan aangepas word volgens die terrein.
BO: Mnr. Ronnie Baartman, een van Johann se werknemers, demonstree­r hoe die oplig van die arm die spuit aktiveer.LINKS: Die arm en spuit is aan mekaar gekoppel en word individuee­l geaktiveer soos die balk oor die bome beweeg.ONDER: Die balk is 10 m lank, maar dit kan aangepas word volgens die terrein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa