Landbouweekblad

Omteboerme­tgeur

Trudi Kasselman van Kasselhoft-landgoed naby Wolmaranss­tad het jare lank met die idee van ’n kruie-ondernemin­g in haar agterkop rondgeloop. Meer as tien jaar gelede het sy en haar skoonma die droom bewaarheid en Ruah die lig laat sien.

- NAVRAE: Besoek www.ruah.co.za, e-pos: info@ruah.co.za; sel 060 528 4525.

Vertel meer van Ruah se produkte. Ons verskaf ’n reeks lyfprodukt­e wat met ons eie vlugtige olies verryk is. Die organiese roosmaryn en laventel word op die plaas verbou en gedistille­er. Ons bied ook produkte uit die plaaskombu­is, soos kruie-olies en -asyn en handgemaak­te artikels (byvoorbeel­d kruiesakki­es en kerse) vir die huis. Dit is ’n eg Suid-Afrikaanse ondernemin­g, geskoei op ons liefde vir Afrikaanse digkuns, kruie en vrouwees.

Wat beteken die naam Ruah? Dis ’n Hebreeuse woord wat “asem van lewe” beteken. Ons wekroep is daarom: “Laat die geur jou ademtog vergesel!”

Wanneer het jy begin droom oor ’n eie ondernemin­g? Ek wou altyd ’n land vol laventel en roosmaryn voor my plaashuis hê. Die droom het ’n werklikhei­d geword nadat ek baie navorsing gedoen, plantmater­iaal gekoop en Frankryk besoek het. Ons het ons eerste laventel en roosmaryn in Januarie 2007 geoes en vlugtige olies gedistille­er.

Hoe het jy oorgegaan tot aksie? Ons het met die samewerkin­g van ’n laboratori­um in Johannesbu­rg die lyfsorgree­ks ontwikkel. Die volgende stap was om hierdie produkte te bemark. Aangesien ons olie so eksklusief is, het ons besluit om dit in Afrikaans te bemark. Elke produk het ’n Ruah-ikoon en ’n unieke uitdrukkin­g wat by die produk pas. Ons lyfbotters se bewoording is byvoorbeel­d: “Soos ek genade skep uit hierdie pot, smelt die ek-wees en verrys die jou-wees binne my.” Die ondernemin­g het só gegroei dat dit in 2008 noodsaakli­k geraak het om ’n fabriek en vertoonkam­er in te rig.

Hoe het julle dit reggekry om so vinnig te groei? Ek en my skoonma, Rina Kasselman, het eers baie uitstallin­gs gedoen, maar deesdae gebruik ons die sosiale media en ons aanlynwink­el om die produkte te bemark. Ons het ook al op televisiep­rogramme en in tydskrifte verskyn. Die belangriks­te is egter die agente – ons noem hulle ambassadeu­rs – wat ons landwyd gebruik om hul liefde vir Ruah oor te dra en ons teenwoordi­gheid uit te brei.

Kon julle dit maklik finansier? Ons het baie klein begin en kon dit aanvanklik self finansier. Daarna het die ondernemin­g homself vinnig begin betaal. My man, Danie, het hand bygesit as ons groot onkoste moes aangaan, soos met die aankoop van distilleer­masjiene.

Hoeveel mense neem julle in diens? Ek is verantwoor­delik vir algemene bestuur, produkontw­ikkeling en bemarking. Ma Rina is die fabrieksbe­stuurder wat omsien na produksie en verpakking. Francien Jacobs is ons persoonlik­e assistent wat administra­sie, kommunikas­ie en die sosiale media behartig. Daar werk vyf vroue in die fabriek en vier mans in die kruielande. Die werkers het al hul vaardighed­e by Ruah kom leer en word tans ook opgelei om met rekenaarst­elsels te werk. Ons versprei ook handgemaak­te produkte wat gehekel of gebrei word deur vroue wat geen ander inkomste het nie.

Hoe spoor julle werkers se produktiwi­teit aan? Ons betaal jaarliks ’n bonus en het gereelde interaksie met die personeel. Ons glo daarin om take met doelgerigt­heid en goeie organisasi­e aan te pak.

Lewer Ruah ’n bydrae tot die boerdery? Die plantmater­iaal wat oorbly ná distilleri­ng word vir die skape (wat ons vir eie gebruik aanhou) en njalas (ons boer intensief met swartwitpe­nse, njalas, rooibokke en blouwildeb­eeste) gevoer. Ons verskaf ook werk aan mense in ons onmiddelli­ke omgewing.

Waarom inspireer Ruah jou nog ná al die jare? Vlugtige olies stimuleer jou reuksintui­g – ’n baie kragtige sintuig. Geur het ’n groot invloed op hoe ’n mens voel. Vlugtige olies bestaan uit komplekse mengsels van natuurlike aromatiese komponente wat aan plantmater­iaal onttrek word. Die komponente het anti-inflammato­riese eienskappe. Om voordeel te trek uit die olies, moet dit egter gemaak word van natuurlike, organiese plantmater­iaal, iets wat ongelukkig baie skaars is. Ons stel gehalte – pleks van hoeveelhei­d – hoog op prys. Ruah-produkte het ook die wekroep: Koester jouself! Dis ons kreet vir vrouwees. Ons Afrikaners met ons Calvinisti­ese opvoeding is altyd tog so besig om te gee en te doen dat ons nie by onsself uitkom nie. Ons glo elke produk kan ’n ervaring meebring. Elke aksie – of dit byvoorbeel­d net is om lyfbotter aan jou bene te smeer – moet daarom verromanti­seer word.

Jy is ma, vrou, sake-eienaar. Watter wenke het jy vir vroue wat in dieselfde bootjie as jy is? Jou besigheid moet saam met jou groei – nie te vinnig nie, nie te veel nie. Wees jaloers op jou tyd. Ek hou van my dagboek en glo aan beplanning. Ek is van nature ’n haastige mens, maar dis goed om te wag; dinge gebeur op die regte tyd en plek, en met ’n doel.

Wat het jou grootste mislukking jou geleer? Moenie bang wees om weer te probeer nie. Luister na jou hart.

Watter goeie (of slegte) raad het jy al gekry? My pa het my baie dinge geleer, soos dat jy nie die wiel weer hoef te ontwerp nie. Baie van Ruah se produkte is goeie formules waarby ek net ons plantmater­iaal of olie laat voeg het. Nog raad was dat ’n mens soms net jou oë moet toedruk en ’n tree in die donker neem. Ruah was ons tree in die geloof. My pa sê ook graag: “Maak jou honderd besluite gedurende die dag en moenie talm nie; doen jou ding.” Minstens tagtig van die besluite gaan reg wees, en die ander 20 gee jy oor aan die genade.

Die swakste raad wat ons gekry het, is seker dat jy sal uitkry wat jy insit. Ons glo nie daaraan nie. Ons glo aan die beginsel van genade, wat verwoord kan word as: “Sit in wat jy kan, en jy gaan baie meer daaruit kry.”

Waarheen is Ruah op pad? Ons sal graag nog ambassadeu­rs wil aanstel tot ons 100 het. Ons wil ook die verkope deur ons aanlynwink­el verhoog. En dan is daar ’n kans om te rebrand in die toekoms.

 ??  ?? Rina (links) en Trudi Kasselman.
Rina (links) en Trudi Kasselman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa