Landbouweekblad

Groot-Brak se loerie-fluisteraa­r

Toe hulle ses jaar gelede Groot-Brakrivier toe getrek het, het Ampie de Wet en sy vrou, Alida, net foto’s van Knysnaloer­ies gesien — tot die voëls in hul tuin kom kuier het.

-

Voëls het Ampie de Wet van Groot-Brakrivier van kleins af gefassinee­r (in Mpumalanga het hy groot voëlhokke gehad, met skouduiwe, hoenders en kanaries). Hulle het dus nie lank op die strandmeer­dorpie gebly nie voor hy en sy vrou, Alida, Knysnawoud toe is om die Knysnaloer­ie (Tauraco corythaix) te soek. Dié dag tref ’n gelukskoot hulle en hulle sien sommer twee!

’n Maand of wat later hoor Ampie ’n vreemde geluid in sy tuin. Oorkant die straat sit twee voëls in ’n boom. Hy herken dadelik die groen kop met die wit rand aan die kuif en die rooi snawel.

“Ek roep vir Alida om vir my ses rooi appels te bring en ek gaan staan met die appels in my hand en swaai dit rond om aandag te trek. Hulle kyk net vir my. Ek sny die appels op en roep ‘kom-kom-kom’, en daar kom eet hulle sowaar alles op!” vertel hy.

Die voëlboeke sê dis glad nie vreemd om loeries op Groot-Brakrivier te sien nie – daar is baie bome, water en bessies, alles wat ’n loerie begeer.

“Dit het my aangespoor om ’n voerplatfo­rm met twee waterbakke te bou. Geen voël kan dit weerstaan nie en drie dae later was daar 12 loeries. Ek moes bontstaan om genoeg rooi appels te sny! Donderdae sny ek gras. Die loeries hou my eers dop van anderkant die pad, tot ek hulle roep, appels opsny en hulle voer. Die grassnyer pla hulle nie.”

So ’n paar jaar gelede kom ’n paar vroue deur die hekkie wat sy erf met dié van ’n ou kerkie verbind. Hulle vra opgewonde of Ampie van die loeries weet.

“Hul gesiguitdr­ukkings toe ek sê ek voer die voëls al jare lank, was ’n belewenis. ’n Rukkie gelede het ek plek gemaak in my tuin om appelbome wat rooi appels dra, te plant. Aanvanklik was ek skrikkerig dat dit die loeries sal ontstel, maar blykbaar weet hulle dat ek dit vir hulle doen.

“Verlede jaar het 20 loeries my besoek – ook twee kleintjies vir wie hul ma appels

gevoer het. Dit was ’n pragtige gesig om die loeries te sien feesvier. Hulle fladder en gesels sonder om hulle aan my en Alida te steur. Ons begin aan hulle dink as familie.”

Sy erf lê teen ’n beboste heuwel met baie bessiebome. As die bessies minder word, hier teen November of Desember, verdwyn die loeries en kom weer in April terug.

“Om alles te kroon het hier ook ses pikswart mikstertby­vangers opgedaag. Ek weet nie of hulle die loeries dopgehou het nie, maar hulle het heeltemal mak geword – hulle eet selfs uit my hand. Soms sit tot vier op Alida se arms om kos uit haar hande te eet. Hier daag ook gereeld twee visvangers op om akkedisse te vang, wat hulle vir hul kleintjies voer. Die vleisvrete­nde vleiloerie­s loer graag in my groentetui­n of daar iets te ete is.”

Om nog voëllewe te lok, het Ampie drie uilhokke in sy tuin geplaas, waar ’n nonnetjies­uil, ’n grasuil en twee oortjie-uile tuis is – wat korte mette maak met enige muise in die tuin. “Die ryk voëllewe maak ons regtig tevrede en gelukkig – en ons sou dit nie maklik op ’n ander plek ondervind nie.” Ampie en Alida de Wet is pensioenar­isse en voëlliefhe­bbers wat in Groot-Brakrivier woon.

‘Dit was ’n pragtige gesig om die klomp loeries te sien feesvier. Hulle fladder en gesels sonder om hulle aan my en Alida te steur. Ons begin aan hulle dink as familie.’

 ??  ?? BO: Alida de Wet met twee mikstertby­vangers wat uit haar hand eet.
BO: Alida de Wet met twee mikstertby­vangers wat uit haar hand eet.
 ??  ?? LINKS: ’n Klompie loeries op die voerplatfo­rm wat Ampie aanmekaar geslaan het.
LINKS: ’n Klompie loeries op die voerplatfo­rm wat Ampie aanmekaar geslaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa