Landbouweekblad

Van oraloor

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

ONDANKS reusegroei in die avokadobed­ryf is die volle markpotens­iaal van dié vrugte nog nie naastenby ontgin nie, sê mnr. Derek Donkin, uitvoerend­e hoof van die Avokadokwe­kersvereni­ging. Op ’n geleenthei­d in Johannesbu­rg om die begin van die avokadosei­soen te vier, het Donkin gesê Suid-Afrika sal na verwagting vanjaar sowat 125 000 ton avokado’s oes, waarvan 50% uitgevoer en 50% plaaslik verbruik sal word.

“Suid-Afrika lewer jaarliks avokado’s op sowat 17 000 ha, maar die bedryf groei teen ’n duiselingw­ekkende tempo, met 1 000 ha nuwe aanplantin­gs per jaar.”

Ten spyte daarvan meen hy die potensiaal, veral vir uitvoer, is nog nie naastenby ontgin nie. “As ons na die toenemende belangstel­ling in avokado’s in Amerika en veral China kyk, het Suid-Afrikaanse uitvoer nog net aan die oppervlak van hierdie groot verbruiker­smarkte geraak. Die vraag na avokado’s in Amerika groei by- voorbeeld vinniger as die groei in jaarlikse avokado-aanplantin­gs in Suid-Afrika.

“Ongelukkig voer ons nog nie avokado’s na China en Amerika uit nie, waar ’n toenemende stedelike bevolking besig is om ekonomies groot groei te beleef.”

AANLYNKOPE­RS

Donkin sê net die aanlynkope­rsgemeensk­ap in China is reeds sowat 300 miljoen mense sterk. “As ons dit met die Suid-Afrikaanse bevolking van sowat 60 miljoen mense vergelyk, wys dit jou die reusemarkp­otensiaal wat daar vir plaaslike avokado’s bestaan.”

Hy sê die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye voer tans samespreki­ngs met sy Chinese eweknie oor moontlike avokado-uitvoer na daardie land, maar die owerhede probeer eers marktoegan­g vir SuidAfrika­anse pere bewerkstel­lig.

“Ons het ná samespreki­ngs appels na China begin uitvoer en nou is dit die peermark wat moet toegang kry. Wanneer dit afgehandel is, sal avokado’s aan die beurt kom. Ons is egter optimistie­s dat die proses binne twee of drie jaar afgehandel sal wees en dat Suid-Afrika dan ook die Chinese mark van avokado’s sal kan begin voorsien.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa