Landbouweekblad

Fort Hare wil ook veeartse oplei

- — FREDALETTE UYS

VOORNEMEND­E veeartse sal moontlik in die toekoms ’n opsie hê om hul opleiding aan die Fort Hare-universite­it in die Oos-Kaap te ontvang.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het onlangs die universite­it se kampus op Alice besoek om die proses om ’n fakulteit van veeartseny­kunde te stig, aan die gang te sit.

Dit volg nadat die universite­it die departemen­t genader het vir steun om nog ’n fakulteit vir veeartseny­kunde in Suid-Afrika by dié universite­it te stig.

Zokwana het tydens sy besoek aangedui sy departemen­t is deeglik bewus van die nypende tekort aan veeartseny­kundiges in Suid-Afrika, veral ten opsigte van die staat se veeartseny­diens en -navorsing.

Suid-Afrika het tans een veearts vir elke 300 000 stuks lewende hawe, teenoor die een veearts per 100 000 diere wat die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorg­anisasie (VLO) aanbeveel.

Daarbenewe­ns is daar ook heeltemal te min veeartse in landelike gebiede, wat groot probleme vir die Suid-Afrikaanse landbou skep.

WEERHOU

Zokwana sê die landelike gebiede word daarvan weerhou om deel te neem aan veeproduks­ie en die handel in lewende hawe omdat toeganklik­e en bekostigba­re dieregeson­dheidsdien­ste nie beskikbaar is nie. Verder lê die oplossing vir uitbreking­s van onder meer voëlgriep en listeriose in navorsing en ontwikkeli­ng, en akademici speel ’n leiersrol in die vind van oplossings.

Volgens Zokwana is dit egter die Departemen­t van Hoër Onderwys en Opleiding wat die nodige toestemmin­g en akkreditas­ie aan die universite­it moet verleen, en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sal slegs tegniese raad, asook aanbevelin­gs ná die besoek, verskaf.

’n Tegniese span van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sal die universite­it se vermoë en gereedheid om die kursus aan te bied ondersoek, asook die nodige aanbevelin­gs doen.

Die besoek is voorafgega­an deur ’n vergaderin­g in Oos-Londen oor die beoogde nuwe fakulteit. Dit is bygewoon deur Zokwana en prof. Sakhela Buhlungu, Fort Hare se visekansel­ier, tesame met die Land Bank, die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad en ander belanghebb­endes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa