Landbouweekblad

Grondwet-hersiening ontwrig talle wette

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

VERSKEIE wette wat die reëls van die landbou, van die plaashek tot by voedselver­werking, dramaties gaan verander, word tans hersien. ’n Paar ander langverwag­te wette oor grondregte is egter nou in hul spore gestuit terwyl die Parlement se grondwetli­ke hersiening­skomitee die implikasie­s van onteiening sonder vergoeding ondersoek.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e direkteur van die landbousak­ekamer Agbiz, het ’n uiteensett­ing van dié wetgewing op die jaarlikse konferensi­e van vleisbeesp­rodusente by Kievits Kroon naby Pretoria gegee.

“Van die belangriks­te kwessies wat die landbou beïnvloed, is die hersiening van die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005), wetgewing oor klimaatsve­randering, ’n watermeest­erplan, arbeidswet­gewing en natuurlik veranderin­ge aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.”

Heelwat bepalings oor grond word hersien, onder meer die wetsontwer­p op verblyfreg op kommunale grond wat voorsienin­g maak vir titelaktes in kommunale gebiede.

“Hierdie titelaktes kan dan aan die gemeenskap oorgedra word, maar die toekenning van die titelakte kan slegs geskied met die toestemmin­g van die Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming.

“Hoewel dit nie maklik gaan wees nie, is dit ’n stap in die regte rigting vir die Regering, want gemeenskap­pe met ’n titelaktes kan toegang kry tot finansieri­ng om te boer. Dit is egter steeds ’n konser-

‘Dit was egter nie nodig om die grond te koop nie, want dit kon teen ’n billike en regverdige prys onteien word.’

watiewe wetsontwer­p en heelwat gesprekke sal nog gevoer moet word voordat die wet deurgevoer gaan word.”

ONSEKERHEI­D

Daar hang egter nog donker wolke oor wysigings aan die Wet op die Uitbreidin­g van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997, ook bekend as Esta) en die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 22 van 1994). Dit kan nog tot twee jaar duur voor sekerheid oor die toepassing van dié twee wette verkry kan word, sê Purchase.

“Die kwessie oor onteiening sonder vergoeding speel egter tans die grootste rol in die landboubed­ryf omdat dit alle grondhervo­rmingswetg­ewing tot dusver oorskadu. Die Regering het verskeie wette wat onder bespreking was, onttrek ná sy aankondigi­ng dat onteiening sonder vergoeding deurgevoer gaan word. Hierdie wetgewing is nou hangende totdat duidelikhe­id verkry kan word oor die presiese aard van onteiening.”

Hy het gesê artikel 25 van die Grondwet laat reeds onteiening toe, maar dat dit billike en regver dige vergoeding vereis.

(Besoek bit.ly/2JBv6Kk vir ’n uiteensett­ing van artikel 25.)

ONTEIEN NET RÉG

Agbiz meen die Regering het nie die bestaande gereedskap vir grondhervo­rming gebruik nie, maar bloot grond op die ope mark gaan koop en gesê boere vra te veel vir hul grond.

“Dit was egter nie nodig om die grond te koop nie, want dit kon teen ’n billike en regverdige prys onteien word. Dit is waarom soveel belanghebb­endes, insluitend­e oudregter Dikgang Moseneke, oudregter Albie Sachs, ’n voormalige regter van die Grondwetho­f en wat artikel 25 van die Grondwet help skryf het, en oudpres. Kgalema Motlanthe, onder wie se leiding ’n kommissie grondhervo­rming in SuidAfrika ondersoek het, gesê het al die gereedskap is reeds daar vir grondhervo­rming – dit moet net reg gebruik word.”

Hy sê wetgewing rakende gemeenskap­like grondbesit behoort so gou moontlik gefinalise­er te word en grondregte moet ver kieslik deur middel van ’n titelakte erken word. Tesame daarmee moet wetgewing ingestel word wat die keuring van begunstigd­es reguleer, grond vir onteiening identifise­er en voorsienin­g maak vir die oordrag van eienaarska­p.

‘BLY KALM’

Purchase meen die voorgenome veranderin­ge aan die Grondwet is moontlik, maar dit gaan nie lyk soos wat talle boere vrees nie.

“Daar gaan beslis wysigings en voorwaarde­s aangebring word om te verseker dat die ekonomie en voedselsek­erheid nie skade ly nie. Intussen sal Agbiz saam met Agri SA, die TLU SA en ander belanghebb­endes aanhou om met die beleidmake­rs te skakel en hulle te probeer beïnvloed om die beste moontlike pad vorentoe vir die landbou te verkry.”

Purchase het die landboubed­ryf gemaan om kalm te bly.

Die hersiening­skomitee sal na verwagting sy aanbevelin­gs op 30 Augustus bekend maak.

 ??  ?? Dr. John Purchase
Dr. John Purchase

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa