Landbouweekblad

Nuwighede

-

Die dae van hope vuurhoutji­es wat agter ’n jaghut by die gasgeiser lê en getuig van elke naweek van die jagseisoen se gesukkel om warm stortwater te kry, is verby.

Die Constant Temperatur­e Gas Geyser van Delta Gas gebruik twee D-tipe flitsbatte­rye om self die gasklep oop te draai en die brander aan te steek as die warmwaterk­raan oopgedraai word. Twee alkaliese batterye hou 230 dae voor dit vervang moet word, so geen elektriese aansluitin­g is nodig nie.

Die geiser het ’n proporsion­ele tweerigtin­gklep wat die gastoevoer reguleer om saam met die watervloei te werk. Die watertempe­ratuur sal dus selfs teen ’n vloei so laag as vyf liter per minuut konstant bly waar die gebruiker dit vooraf gestel het. Dié stelsel sorg ook vir optimale benutting van jou vloeibare petroleumg­as en nie ’n gram word onnodig verbrand nie.

Die geiser van 16 liter kan ewe goed aangewend word om ’n klein badkamer met net ’n stort en wasbak of twee badkamers en ’n kombuis se water te verhit. In die geval van twee badkamers moet al die warm krane net nie gelyktydig oopgedraai word nie.

Die gasgeiser werk op sy beste as die verste kraan nie verder as tien meter van die geiser af is nie. Waar die geiser aan die buitekant van ’n gebou aangebring word, beveel die vervaardig­ers ’n beskermend­e kas aan om dit optimaal te help funksionee­r in alle weerstoest­ande. Prys: R5 555

 ??  ?? bigsgas@gmail.com, 011 660 6114.
bigsgas@gmail.com, 011 660 6114.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa