Landbouweekblad

VravirFaff­a

-

Wat is die doeltreffe­ndste manier om waterharpu­is uit te roei? Ek boer in Richmond in die Karoo en dié bos het my vleie oorgeneem.

Waterharpu­is is een van verskeie Euryops-soorte wat in Suid-Afrika voorkom. Die plante op die foto’s wat die boer van die distrik Richmond ingestuur is, lyk soos Euryops oligogloss­us (=annae), waarvan die volksname waterharpu­is of wildeharpu­isbos is (D. Shearing & K. van Heerden, 1994, Karoo: South African Wild Flower Guide No. 6). Twee subspesies word erken, naamlik E. oligogloss­us subsp. oligogloss­us en E. oligogloss­us subsp. racemosus.

Vanmelewe is ’n spesiale harpuissee­p (hars) van plante in die genus Euryops gemaak. Van die groter soorte is met groot moeite en koste uitgekap om plek te maak vir smaakliker soorte. Die Euryops-soorte se weidingswa­arde is laag weens lae smaaklikhe­id. Blomme word selektief bewei, maar die loof word vermy.

Waterharpu­is kry die naam waarskynli­k omdat dit waterryke omgewings verkies — dit verklaar waarom dit neig tot digte indringing in vleilandha­bitat.

Geen onkruiddod­ers is vir die bestryding van waterharpu­is geregistre­er nie. Daar is onkruiddod­ers wat dit kan bekamp, maar omdat daar nie middels kragtens Wet 36 van 1947 (Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Vee- middels) geregistre­er is nie, mag geen persoon aanbevelin­gs in hierdie verband maak nie.

Biologiese bestryding is nie ’n opsie nie omdat die plant nie ’n uitheemse plantsoort is wat deur ingevoerde natuurlike vyande bestry kan word nie. Die enigste oorblywend­e bestryding­sopsie is meganiese bekamping, wat donkiejare gelede reeds toegepas is met ’n pik en ’n graaf!

In die geval van vleilande is dit belangrik om in ag te neem dat hierdie habitat besonder gevoelig is vir oorbeweidi­ng, spesifiek in droë streke soos die Karoo. Vleilande se grond sal neig om ’n hoë klei-inhoud te hê. Dit verhoog die grond se waterhouve­rmoë, wat weer vir grasse bevorderli­k sal wees. Hou in gedagte dat waterharpu­is dieselfde habitat verkies.

Oorbeweidi­ng plaas die meeste druk op smaaklike plantsoort­e wat mettertyd deur minder smaaklike soorte oorheers of selfs verplaas kan word. Die beweiding van vleilande moet dus met groot omsigtighe­id bestuur word.

Die rehabilita­sie van Karooveld, wat deur onsmaaklik­e bossiesoor­te, soos waterharpu­is, oorheers word, is stadig. Dieselfde geld plante met giftige eienskappe. Sodra onsmaaklik­e en/ of giftige plantsoort­e in hoë digthede gevestig geraak het, kan die drakrag van veld dekades lank laag bly, al word vee en wild daaraan onttrek (Karen Esler et al. 2010, Karoo Veld Ecology

and Management, Briza-publikasie­s, Pretoria). Daar is min of meer drie redes vir hierdie stadige herstel van Karooveld. 1. Bossies of struiksoor­te is meerjarig en kan verskeie dekades leef, wat dit moeilik maak vir ander soorte om in die nabyheid van voorgenoem­des te vestig. 2. In gevalle waar onsmaaklik­e soorte oorheers, sal daar swaar weidingsdr­uk op die smaakliker soorte wees, Gevolglik sal laasgenoem­de soorte se aanwas stadig wees. 3. Die saadverspr­eiding van soorte wat nie aangepas is vir windverspr­eiding nie, is oor die algemeen stadig. Die ontkieming van sade in die Karoo is alleenlik noemenswaa­rdig in jare met ’n bogemiddel­de reënval. In droë omgewings, soos die Karoo, word veldherste­l gekortwiek deur droogtewee­rstandige, onsmaaklik­e bossiesoor­te en ’n tekort aan sade van smaaklike plantsoort­e wat eersgenoem­de soorte deur mededingin­g kan uitskakel (Esler et al. 2010). Daarom is duur bestuurspr­aktye met ’n hoë risiko, soos selektiewe chemiese (onkruiddod­ers) en meganiese bestryding­smetodes (kap en sny), asook die insaai van gewenste soorte, soms die enigste opsies vir die herstel van die drakrag van die veld binne ’n kort tyd.

Grootskaal­se chemiese en meganiese “skoonmaak” van ongewenste plantsoort­e in droë klimaatsto­estande kan egter water- en winderosie bevorder en mikrohabit­atte van mikrobes, insekte en gewenste plante vernietig. Die beste praktyk sal wees om relatief klein oppervlakt­es (stroke of bane) met verloop van tyd aan die drastiese bekampings­praktyke bloot te stel (Esler et al. 2010). Dr. Charlie Reinhardt is buitengewo­ne professor in onkruidwet­enskap aan die universite­ite van Pretoria en Stellenbos­ch.

 ?? FOTO: CHARLIE REINHARDT ?? ’n Voorbeeld van waterharpu­is. Geen onkruiddod­ers is vir die bestryding daarvan geregistre­er nie.
FOTO: CHARLIE REINHARDT ’n Voorbeeld van waterharpu­is. Geen onkruiddod­ers is vir die bestryding daarvan geregistre­er nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa