Landbouweekblad

Elite-koei: Drakensber­ger,

Vir mnr. Derick Orsmond is die suksesrese­p van sy Drakensber­g stoetery om top teel materiaal te kombineer met die beste moontlike rantsoenpl­an.

- NAVRAE: Mnr. Derick Orsmond, e-pos: derick@ infracor.co.za; sel 083 273 6432.

Beesboerde­ry is die deurlopend­e opweeg van uitgawes teenoor inkomste om die beste wins te behaal. Vir mnr. Derick Orsmond, ’n siviele ingenieur van Pretoria, is die somme wat ’n beesboerde­ry laat klop, tweede natuur. “Op grond van my beroep as direkteur van ’n siviele konstruksi­efirma, weeg ek alle aspekte teen mekaar op, veral waar die rantsoen daardie ekstra paar kilogram verskil gaan maak en dit ekonomies geregverdi­g kan word.”

Derick se stoetery, die Drakensber­ger stoetery Infracor, se beeste wei opdiep laas Nooitgedac­ht in die omgewing van Carolina op die rand van die plato. Dit is harde weidingwêr­eld waar ’n hoë reënval, met minder hitte-eenhede, ’n natuurlike suurveld gee wat slegs sowat vier maande van die jaar optimale voeding lewer. “Ons moet dus ons diere met byvoeding help om in die harde maande hul kondisie te behou om ten beste te presteer.”

Infracor Stu d Breed ers se Drakensber­ger stoetery is die grondslag van die beesboerde­ry, wat’ n kommersiël­e kudde insluit wat kalwers afrond en aan ’n slagplaas lewer.

“Ek het die stoetery in 2014 formeel geregistre­er nadat ek lank kommersiee­l met bees- ka om die beste teelmateri­aal by verskeie stoetteler­s te koop en die diere in Carolina te vestig. Daar is geen plaasverva­nger vir die beste gene nie,” sê Derick. Hy gebruik ’n sterk bestuurspa­n om die boerdery te laat klop. “My plaasbestu­urders, mnre. Hans Brits en Steven Nkosi, is verantwoor­delik vir die daaglikse boerdery-aktiwiteit­e, terwyl my vrou, Liesl, wat saam met my Stamboek se BLUP-kursus deurloop het, ook baie betrokke is. Ons werk nou saam met die plaaslike veearts op Ermelo, wat verantwoor­delik is vir die hele kudde se gesondheid. Alles gaan terug na die ekonomie van die boerdery; ’n koei wat nie elke jaar dragtig is nie, word uitgeskot en ons wissel ook ons bulle gereeld af.” Die belangrike idee agter beesboerde­ry, sê Derick, is om sentiment te vermy. “My filosofie is om slegs dít te doen wat vir jou lekker is, maar dan moet dit vir jou ’n inkomste genereer. Die Drakensber­ger is ’n lekker bees om mee te boer en dit maak ekonomies sin.”

BEHOU KONDISIE

JA060069 is al 12 jaar oud en sy kom oorspronkl­ik van mnr. Johan Rautenbach se Jatro-stoetery op Lindley. “Ek het my laat lei deur Stamboek SA se inligting. Dit is altyd ’n goeie riglyn: Jy gaan die syfers na, kyk na wat die beste koeie vir jou spesifieke toestande is en sluit hulle by jou kudde in.”

Dit was ’n slim besluit, want JA060069 oortref gereeld die rasgemidde­lde van die Drakensber­gerras. Haar kalwers se gemiddelde geboortege­wig van 35,5 kg is 3,5% laer as die rasgemidde­lde, met ’n speengewig (direk) wat 10,5% hoër is as die rasgemidde­lde. Die gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame van haar kalwers is 26% hoër as die rasgemidde­lde, met’ n voer omsettings verhouding van 16% bo die rasgemidde­lde. “Sy is ’n superkoei met ’n sterk erfdwang wat elke jaar ’n kalf gee.”

Derick sê die koei loop in ’n groot kudde en kry geen spesiale behandelin­g nie. “Wat my nog meer beïndruk, is dat haar bouvorm goed is en dat sy steeds in ’n puik kondisie is. Sy lyk nie soos ’n 12 jaar oue elitekoei nie en is reeds dragtig met haar volgende kalf.”

Vir hom is die koei ’n alles-in-een-pakket. “Reproduksi­e, of vrugbaarhe­id, is vyf tot tien keer belangrike­r as enige ander eienskap waarvoor jy kan selekteer. Voeg daarby die lae geboortege­wig, ’n hoë speengewig en ’n ekonomiese voer omsettings verhouding, dan het jy die ideale koei om jou boerdery vorentoe te neem.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa