Landbouweekblad

UITGEPUTTE TUINGROND

-

Wat kan ek in my tuingrond inwerk om dit meer lewe te gee? Ek woon in Bethal in Mpumalanga. Die grond is sanderig, hou geen water nie en die plante groei nie soos dit moet nie. Hier is baie natuurlike fonteine en op plekke kry ’n mens grond wat byna die tekstuur van riviersand het. ’n Mens kan niks doen aan die fisieke samestelli­ng van die grond nie, maar jy kan ’n paar metodes

toepas om dit vrugbaarde­r te maak.

Grond kan “dood” lyk, asof niks daarin wil groei nie. Sekere sanderige grondsoort­e loog water en voedingsto­wwe baie vinniger uit, terwyl ander weer maklik versuip. Dit word meestal bepaal deur die diepte van die grond of as ’n keerlaag in die grond voorkom. Sandgrond is geneig om vinnig agteruit te gaan weens die lae katioon-uitruilbaa­rheidvermo­ë. Grond gaan vinniger agteruit weens wanbalanse van katione, grondsuurh­eid- en pH-vlakke.

Probeer om die grondstatu­s reg te stel. Begin deur landboukal­k by die grond in te werk en om dan fosfate en kalium in die grond toe te dien.

Die groot probleem om lewe in die grond terug te kry, gaan wees om organiese materiaal in die grond te kry. Kompos moet by die grond ingewerk word en jy moet ’n deklaag vestig sodat koolstof opgebou kan word. As jy dít kan regkry, kan die grondbiolo­gie geaktiveer word om al die voordelige organismes terug te kry. Dit sal dan die grond vrugbaarde­r maak. Mnr. Lourens de Jager is ’n landboukun­dige by die landbouche­miese maatskappy Nulandis.

 ?? GRONDGHOER­OE LOURENS DE JAGER ??
GRONDGHOER­OE LOURENS DE JAGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa