Landbouweekblad

Wanneer is ’n mens ’n boer?

-

DVir aar is stellig min woorde in Afrikaans wat ’n wyer, meer omvattende betekenis het as die woord “boer”.

sommige bring dit ’n gevoel van trots om te kan sê: “Ek is ’n boer.” Vir ander is dit ’n skelwoord as daar gesê word: “Ag, man . . . daardie ou is maar net ’n boer!”

Daar is inderdaad baie soorte boere. Dink maar aan voorbeelde, soos knapsakboe­re, maplotter-boere, gedwonge tradisie-boere, naweekboer­e, speelboere, vakansiebo­ere en nog meer. Dit beantwoord nog nie ons vraag nie. Wanneer kan iemand sê: “Ek is ’n boer”?

Is iemand wat ’n plaas besit en van die inkomste van die plaas leef en daar woon, ’n boer? Ja, hy kan ’n boer wees, maar ook nie noodwendig nie. Hy kan bloot ’n sitkamer-boer wees wat kyk hoe iemand anders vir hom boer.

Ek het hoopvol in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gaan soek na ’n definisie van die woord, en hoewel ek op ’n klomp interessan­te inligting afgekom het, kon ek nie vind waarna ek eintlik gesoek het nie.

Ek soek na ’n boer wat nie wit of swart of enige kleur hoef te wees nie. Hy moet iemand wees wat . . . en dis hier waar ek begin sukkel. Laat ek eers erken, daar kan verbeter word aan my siening, maar hier is my probeersla­g: ’n Boer moet iemand wees wat so voortgedry­f en geïnspiree­r word deur ’n liefde vir die grond, plante en diere dat hy homself daarmee besig hou. Hierdie liefde moet in sy hartsgevoe­lens en denkproses­se weerspieël word.

Soggens as hy die deur oopmaak, doen hy dit met ’n dankgebed: “Dankie, Here, vir die voorreg om op ’n plaas te werk en nie êrens tussen 8:00 en 17:00 in ’n kantoor hoef te sit nie.” Dít bid hy ten spyte van en afgesien van reën of droogte, teenspoed of voorspoed.

Vir ’n boer het sy “goeters” persoonlik­heid – of dit nou ’n Merinoskaa­p, ’n appel of ’n trekker is. Hy het ook respek vir wat God aan hom toevertrou het.

’n Boer vra nie hoeveel geld hy in die bank het nie, maar hoe kan hy dít wat God aan hom toevertrou het, aangee aan die volgende geslag – in ’n beter toestand as wat hy dit gekry het.

‘Dankie, Here, vir die voorreg om op ’n plaas te werk en nie êrens tussen 8:00 en 17:00 in ’n kantoor hoef te sit nie.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa