Landbouweekblad

NUWE ERA VIR VERTIKALE BOERDERY

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die hoë kapitaalui­tleg en talle hinderniss­e ten opsigte van marktoegan­g het die opgewonden­heid wat ’n paar jaar gelede oor vertikale, binnenshui­se boerderye bestaan het, uitgedoof. Volgens mnr. Willem Kamstra, mede-eienaar van Green Grow Up, is ’n vertikale boerdery gedoem tot mislukking as die boerdery nie ’n spesifieke mark vir produkte teen ’n aanvaarbar­e inkomste het nie.

“Green Grow Up het aanvanklik

begin met twee doelwitte voor oë. Eerstens wou ons boerderyee­nhede aan boere verkoop en tweedens wou ons self produkte lewer. Weens die hinderniss­e om kleinhande­laars en kettingwin­kels te oortuig om kontrakte met boere te sluit, was daardie sakemodel nie suksesvol nie.

“Green Grow Up is nou op die vooraand daarvan om ’n projek van stapel te stuur waar ons die waardekett­ing aansienlik verkort en die boer regstreeks met die eindverbru­iker verbind. Só kan die waarde-aanbod aan die eindverbru­iker gepoets word om volledig in sy of haar eiesoortig­e behoeftes te voorsien.

Dit gaan gepaard met gerief, betroubare produkte, gehalte en bekostigba­arheid. Die grootste voordeel in hierdie model is vir die boer wat ’n inkomste verdien wat die risiko en die finansieri­ng van die hoë kapitaalui­tlegkoste van ’n vertikale boerdery regverdig,” sê Willem.

In lande en stede waar die verdienste per kop van die deursnee-inwoner hoër is as wat dit in Suid-Afrikaanse stede is, is hierdie modelle reeds ’n geruime tyd lank ’n sukses, sê Willem. “’n Beleggings­bank van Japan, tesame met ’n vertikale boerderyma­atskappy van Amerika, gaan probeer om só ’n model in 500 stede met bevolkings van meer as ’n miljoen mense oor die wêreld heen van stapel te stuur. Daar is nie ’n enkele Suid-Afrikaanse stad in dié projek se visier nie, juis omdat ons verdienste per kop nie aanloklik genoeg is vir die projek nie. Ek dink egter die tyd is ryp vir so ’n projek in Suid-Afrika en dat hierdie soort model nie net vir die rykes beskore is nie.”

Willem meen sy maatskappy se model sal binne die volgende 12 maande die lig sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa