Landbouweekblad

SUKSESVOLL­E VEILING IN DENEMARKE

- — CHARL VAN ROOYEN

Die mees onlangse veiling van Karakoelpe­lse in Kopenhagen, Denemarke, was uit ’n Namibiese oogpunt baie suksesvol. Goeie pryse is behaal. Dit behels ’n goeie verdienste vir die land waar die Swakarabed­ryf onlangs sy 110de bestaansja­ar gevier het.

Volgens die Namibiese landbou-unie is 100% van die 41 809 pelse wat aangebied is, verkoop. Die prys het gemiddeld R476,38 per pels beloop. Dit is net 4,1% laer as die gemiddelde prys wat op die vorige veiling verlede September in Kopenhagen gehou is.

Die hoogste pryse vir die beste lotte swart pelse is deur Konstantin­ou Furs in Griekeland betaal. Pelskopers van England het die meeste pelse gekoop, gevolg deur Griekeland.

Die voorste Namibiese pelsprodus­ent was die KarasbergK­arakoelsto­etery wat gemiddeld R879 per pels ontvang het. Mnr. L.J. Kotzé het die beste onder die Suid-Afrikaanse produsente gevaar. Sy pelse is vir gemiddeld R588 per pels verkoop.

Daar is sowat 230 000 Swakaraska­pe in Suider-Afrika, waarvan 180 000 as produktiew­e ooie gereken word. Hulle lewer ongeveer 120 000 pelse per jaar. Daar is dus groot ruimte vir verbeterin­g en die Swakara-telersgeno­otskap is besig met planne om nuwe telers te lok en nuwe geleenthed­e vir waardetoev­oeging te skep, soos ‘n Swakara-pelsfabrie­k op Keetmansho­op.

Die skape aard die beste in droë dele, soos Namakwalan­d, Boesmanlan­d en die Kalahari.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa