Landbouweekblad

HERFSKOMMA­NDOWURM IS 'HIER OM TE BLY'

- — NICO VAN BURICK

SOOS ’n huwelik sonder die opsie van ’n egskeiding waarmee almal sal moet leer saamleef. Dít is hoe me. Regina Eddy, beleid-en-skakelkoör­dineerder by die Amerikaans­e hulporgani­sasie USAid, die herfskomma­ndowurm se klaarblykl­ik permanente intrek in Afrika beskryf.

Eddy, wat deel van USAid se taakspan in die stryd teen die herfskomma­ndowurm in Afrika is, het in ’n wêreldwye telenuusko­nferensie gesê in net meer as ’n jaar het dié plaag na 35 lande in Afrika suid van die Sahara versprei en na raming meer as $13 miljard (R156,6 miljard) se skade aan gewasse aangerig.

“Dit hou ’n ernstige bedreiging vir voedselsek­erheid, mielies as stapelvoed­sel in Afrika en armoedever­ligting in en kan jare se ontwikkeli­ngswerk vernietig.”

Eddy sê daar is 30 miljoen ha mielies in Afrika. As die plaag nie bestry word nie, kan dit 25% tot 30% van die oeste vernietig. Toetse wat in Augustus verlede jaar in 12 lande in Afrika suid van die Sahara gedoen is, het reeds skade van 25% tot 50% aan oeste getoon.

NIE NET IN HERFS

Sy sê die “herfs” in die naam kan in Afrika ’n valse indruk skep. “Die naam kom uit Amerika waar die wurms veral in die herfs bedrywig is. In Afrika het hulle eintlik die ideale klimaat gekry. Hulle kan heeljaar bedrywig wees en daar is sowat 80 gewasse waarop hulle kan oorleef.”

Die taakspan probeer om met onder meer die hulp van agentskapp­e van die Verenigde Nasies, universite­ite, navorsings­instelling­s en die georganise­erde landbou ’n kombinasie van moontlike bestryding­smaatreëls in Afrika bekend te stel. Dit wissel van chemiese en biologiese bestryding­smaatreëls tot wisselboup­raktyke en verkenning­smetodes in landerye om die plaag betyds op te spoor.

In Amerika en Brasilië word die wurms in ’n groot mate deur geneties gemodifise­erde (GM)

saad bestry omdat 85% van die mieliesaad wat gebruik word, beskerming teen die wurms bied.

Eddy sê die volgende daadwerkli­ke stap is om ’n geïntegree­rde plaagbestr­ydingstels­el vir elke land daar te stel wat geskik is vir plaaslike toestande.

Oor waar in Afrika suid van die Sahara die wurms die meeste voorkom, sê sy daar is nog nie genoeg data beskikbaar nie. “Dit wil wel lyk of die eerste tekens van die plaag in die oostelike en suidelike dele van Afrika voorgekom het en van daar weswaarts versprei het.

"Ná die huidige seisoen sal ons waarskynli­k beter kan oordeel, maar ons kan aanvaar die plaag is hier om te bly.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa