Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

BOER FLOREER OP 2,25 MORG IN KALAHARI

-

In die omgewing van Kuruman in die Kalahari waar beesboere in die afgelope droogte noodgedwon­ge van plase van ’n paar duisend morg moes padgee, boer mnr. G.P. Nel op ’n plasie van 2,25 morg (sowat 2 ha) by Seodin vooruit met groente.

Nel verdien al 28 jaar lank genoeg geld uit die groenteboe­rdery om ál sy kinders te laat leer en geriewe, soos elektrisit­eit, ’n koelkas en ’n telefoon, in sy huis aan te bring.

Die klimaat is een van uiterstes, wat die kweek van groente allermins maklik maak. Drie boorgate op mnr. Nel se eiendom lewer genoeg water om sy groentelan­de nat te hou.

Hy spits hom toe op groente, veral geelwortel­s, beet en uie, wat hy deur die jaar kan kweek. In die somer plant hy ’n bietjie tamaties, groenbone en pampoene en maak hy ook geld uit druiwe en perskes.

Hy verkoop ál sy produkte regstreeks in groot maat aan groentewin­kels en ook regstreeks aan die publiek op sy perseel.

Nel het ’n melkkoei wat die afvalblare en -stingels van die groente vreet en melk vir huisgebrui­k lewer.

Hy het net een werker in diens. Sy enigste werktuie vir die bewerking van sy grond is ’n tuinvurk, -graaf, -hark en stootskoff­el. Hy dien kraalmis, kunsmis en landboukal­k op die lande toe om die grond se vrugbaarhe­id te behou.

 ??  ?? Mnr. G.P. Nel met ’n bos wortels as voorbeeld van die puik groente wat hy in die Kalahari kweek.
Mnr. G.P. Nel met ’n bos wortels as voorbeeld van die puik groente wat hy in die Kalahari kweek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa