Landbouweekblad

KORINGSTAM­BOOM ONTSLUIT DANKSY SKARE SE SKENKINGS

- — MARLEEN SMITH

’n Nuwe genetiese gids van 150 wilde verwante van moderne broodkorin­g stel telers van dié stapelgewa­s in staat om antieke eienskappe te gaan naspeur wat in veredeling verlore geraak het. Dit sluit weerstand teen siektes en gehardheid in.

Die samestelli­ng van dié genetiese “adresboek” – met die titel Open Wild Wheat –is met aanlyn-skarefonds­werwing gefinansie­r. Skenkers van akademiese instelling­s en die kommersiël­e bedryf oor 15 lande heen het $150 000 (sowat R124 000) ingesamel om vir die ontleding van die 150 wilde spesies se genome te betaal, berig die John Innes-navorsings­entrum in Engeland.

’n Internasio­nale konsortium onder leiding van wetenskapl­ikes van die John Innes-sentrum en die Amerikaans­e Kansas-staatsuni- versiteit het dié gids ontwikkel.

Die 150 wilde spesies is almal verwant aan ’n veldsoort, genaamd Aegilops tauschii strangulat­e, wat oorspronkl­ik uit die vrugbare halfmaan rondom die Kaspiese See kom. Die D-genoom in moderne broodkorin­g is uit dié gras afkomstig. (Die broodkorin­ggenoom is saamgestel uit drie volledige genoompila­re – A, B en D – in die kern van elke koringsel.)

“Tienduisen­d jaar van veredeling en intensiewe teling het koring een van die voedsaamst­e, produktief­ste gewasse gemaak, wat die grootste deel van die wêreldbevo­lking vandag voed. Dít was egter teen ’n prys,” verduideli­k dr. Brande Wulff van die John Innes-sentrum. “Die geharde wilde voorvaderv­erwante het iets wat hul elite-kultivarne­efs nie meer het nie: genetiese diversitei­t waarbinne beskermend­e eienskappe, soos siekteweer­stand, gevind kan word, asook verskeiden­heid in blomtyd en mikro-voedingsto­wwe.”

 ?? FOTO: ANTONIE VAN DEN BOS ?? Die veldgras Aegilops tauschii strangulat­e, die wilde voorvader van moderne broodkorin­g waaruit wetenskapl­ikes hoop om eienskappe te herwin wat oor duisende jare in veredeling verlore gegaan het.
FOTO: ANTONIE VAN DEN BOS Die veldgras Aegilops tauschii strangulat­e, die wilde voorvader van moderne broodkorin­g waaruit wetenskapl­ikes hoop om eienskappe te herwin wat oor duisende jare in veredeling verlore gegaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa