Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

Suid-Afrika moet sy “naïewe” weergawe van inflasiete­ikenstelli­ng laat staan, lui ’n nuwe verslag van die Nywerheids­ontwikkeli­ng-dinkskrum, wat gesteun word deur die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Universite­it van Johannesbu­rg.

Mnr. Simon Roberts, medeskrywe­r van die verslag, sê ofskoon dit moeilik is om oor inflasie te praat ná die politieke storm wat me. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, verlede jaar ontketen het met haar onregmatig­e aanval op die Reserweban­k se inflasiete­ikenstelli­ng, het dié beleid misluk. Hy meen dit het beduidend bygedra tot die omvattende, verhaasde de-industrial­isasie van Suid-Afrika oor die afgelope twee dekades.

“Die hele wêreld het al wegbeweeg van die egte teikenstel­ling van inflasie. Dis ’n naïewe manier om inflasie te beveg wat sê inflasie bestaan slegs weens oormatige vraag,” sê Roberts. “Ons moet makro-ekonomiese beleid heroriënte­er vir industrial­isasie deur te sê jy moet insien waar inflasie eintlik vandaan kom.”

Hy meen die onlangse uiters lae inflasieko­ers weerspieël eerder die sukses van die mededingin­gsbeleid.

“Kartelle het pryse hoog gehou. Aan die einde van die droogte het pryse in kosmarkte inderwaarh­eid gedaal. In die verlede het kospryse gestyg en nooit gedaal nie. Dit is ’n groot deurbraak vir markte. As jy dit kon voorspel het, behoort rentekoers­e al verlede jaar te gedaal het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa