Landbouweekblad

WIT MENSE ‘HET REG OP 40% VAN SA GROND’

- Brief per e-pos ontvang.

In 1965 was daar ’n uitspraak in Wêreldhof in Den Haag. Die saak het ontstaan omdat Suid-Afrika daardie tyd om voogdyskap oor die destydse Suidwes-Afrika aansoek gedoen het. Liberië en Ethiopië het die Suid-Afrikaanse regering daarvan beskuldig dat hy hom op Afrika-stamme se grond gevestig het. Die regering het hom toe tot die Wêreldhof gewend en die saak gewen.

Die uitspraak was dat Afrika-stamme geen tradisione­le reg op 40% van Suid-Afrika se grondgebie­d het nie, en op die oorblywend­e 60% van die oppervlakt­e is ’n warboel teenstrydi­ghede.

Die Zoeloe, wat vandag die grootste etniese groep in Suid-Afrika is, het eers in 1815 oor die Limpoporiv­ier Suid-Afrika binnegekom met sowat 100 000 mense. Van die Xhosas, wat die naasgroots­te etniese groep is, was daar in 1857 ná die Xhosa- nasionale selfmoord 33 000 mense in die land. Die Afrika-volke het dus eenvoudig nie die getalle gehad om die hele Suid-Afrika te beset nie.

Die internasio­nale reg ontken dat seisoenale, nomadiese mense enige reg op grond het. Op die grootste deel van Suid-Afrika se grondgebie­d kan mense net ’n permanente bestaan voer met tegnologie om water te ontgin. Dus kon wit mense ook eers ’n permanente bestaan voer op die 40% tradisione­le “wit grond” nadat hulle waterbronn­e met tegnologie daar ontgin het.

Die punt is dat wit mense die eerste permanente bestaan op 40% van die grond gevoer het. Daarom is wit mense inheems op 40% van die grond in Suid-Afrika. By die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming kan lugfoto’s getrek word vir bewyse.

GRONDWETLI­KE SAKE

Wit mense se regte kan nie ingeperk word op dié 40% nie ten spyte van artikel 25 (8) van die Grondwet (wat die staat die reg gee om hervorming­smaatreëls deur te voer om rassediskr­iminasie van die verlede reg te stel wat onder meer eiendom betref). Die inperking van Afrika-stamme se regte voor 1994 op die 40% van grond was in die konteks van die beskerming van ’n inheemse groep se bates, kultuur, taal, ensovoorts. Afrika-stamme het ook weerstand gebied in hul tradisione­le gebiede.

Indien die Regering wit mense se regte op die 40% van grond wil inperk, moet die bepalings van artikel 9 (2) op die Afrika-stamme van toepassing wees.

Die punt is, een wet kan in verskillen­de gebiede verskillen­de kontekste hê.

Eiendomsre­g word in artikel 25 van die Grondwet verskans. Eiendomsre­g op die betrokke 40% van Suid-Afrika se grondgebie­d is onlosmaakl­ik deel van volkeregte­like gewoontere­g van die inheemse wit mense wat die grond besit. Dié eiendomsre­g, wat deel uitmaak van die volkeregte­like gewoontere­g, word verskans en gerugsteun deur artikel 233 van die Grondwet (enige hof of tribunaal moet voorrang gee aan die volkeregte­like gewoontere­g wanneer dit by die uitleg van wette kom).

Eiendomsre­g op die 40% tradisione­le wit grond word verder gerugsteun deur die vryheidskl­ousule in die Grondwet.

Dit is ook nie menswaardi­g om inheemse wit mense se tradisione­le grond en werk aan uitheemse Afrika-stamme te gee en sodoende trekarbeid­ers van inheemse mense te maak nie. Menswaardi­gheid is die kern waarop die Grondwet rus.

Artikel 143 (1) van die Grondwet is duidelik daaroor dat wysigings aan die Grondwet nie onbestaanb­aar mag wees met die Grondwet nie.

Dus is eiendomsre­g op die 40% tradisione­le wit grond in Suid-Afrika in beton gegiet indien die regte argumente op die regte tyd gebruik word.

DIE PAD VORENTOE

Die heterogene samestelli­ng van Suid-Afrika maak dit grondwetli­k onmoontlik om net een module vir grondbesit te hê. Verskillen­de modules moet geskep word waarin verskillen­de tradisione­le groepe se tradisione­le grond bestuur word, byvoorbeel­d staatsgron­d, stamgrond, stamgrond in private besit, grond in private besit en huurpag.

Artikel 143 (B) van die Grondwet maak voorsienin­g vir ’n tradisione­le monarg. Wit mense moet eerder vroeër as later die argument voer oor hul 40% tradisione­le grond in Suid-Afrika en hul inheemse reg daarop, en inheemse tradisione­le leiers aanstel wat sake rakende dié grond kan behartig sodat daar kommunikas­ie met die Regering kan wees.

Jy kan slegs suksesvol onderhande­l op ’n grondslag van bewyse, ’n eerste permanente bestaan, inheemse tradisione­le reg, tradisione­le grond, volkeregte­like gewoontere­g en tradisione­le leiers. T.C. NIEUWOUDT

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? ’N SOENTJIE VIR MAMMA . . . Hierdie Brahmankal­fie en sy ma was onder die 400 Brahmane en beeste van ander rasse wat aan die onlangse Lichtenbur­g-landbousko­u in Noordwes deelgeneem het. Die koei is aan die beoordelaa­rsring se paalheinin­g vasgemaak sodat...
FOTO: CHARL VAN ROOYEN ’N SOENTJIE VIR MAMMA . . . Hierdie Brahmankal­fie en sy ma was onder die 400 Brahmane en beeste van ander rasse wat aan die onlangse Lichtenbur­g-landbousko­u in Noordwes deelgeneem het. Die koei is aan die beoordelaa­rsring se paalheinin­g vasgemaak sodat...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa