Landbouweekblad

TELKOM ‘BEDREIG VEILIGHEID’

- Noupoort

Ek boer in die distrik Noupoort

en is ten volle afhanklik van Telkom vir telefonies­e kommunikas­ie. Ek kan ook byvoeg dat ek al 30 jaar ’n kliënt van die maatskappy is en nog elke maand my rekening betaal het.

Die selfoonsei­n op my plaas is baie swak. Ek moet elke keer uit my huis stap om ’n sein te kry om ’n oproep te maak. As die wind buite waai, is dit nog swakker.

Begin Januarie vanjaar was my Telkom-foon buite werking. Ná vele boodskappe aan die Telkom-tegnikus op Noupoort het hy aan my ’n kennisgewi­ng (na my selfoon) gestuur waarin ons ingelig is dat ons Telkom-diens beëindig is en dat ons alternatie­we middele van kommunikas­ie moet soek. Daar is bygevoeg dat die maatskappy ons met laasgenoem­de sal help.

Die hele westelike deel van Noupoort se boeregemee­nskap is afgesny. Ek wil net graag aan die persoon wat die kennisgewi­ng uitgestuur het, sê dat ’n mens iemand gewoonlik kennis gee voor ’n diens beëindig word. Ek wil sover gaan en sê dat ek ’n kontrak met Telkom het.

Daarby wil ek alle Telkomklië­nte waarsku dat hulle met ’n maatskappy sake doen wat nie sy kliënte se belange op die hart dra nie. Ek wag steeds vir Telkom om my te help met alternatie­we kommunikas­ie-oplossings.

Ek is afgesy van my familie en my buurman as ek in die nood is. Telkom stel my gesin in gevaar en bedreig my veiligheid. Daarom sal ek nooit weer met hom ’n ooreenkoms aangaan nie.

Hiermee wil ek alle landelike Telkom-kliënte waarsku om solank ’n ander diensversk­affer te soek. As jy môre wakker word, kan jóú foon ook afgesny wees. JEAN GILLMER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa