Landbouweekblad

MAAK ANDER PLANNE MET GROND

- Brief per e-pos ontvang.

Ek hoop hierdie brief bereik pres. Cyril Ramaphosa.

Almal kan nie boer nie. Versprei die grond in KwaZulu-Natal onder die Zoeloes. Daar is meer as 3 miljoen hektaar. Gee elke gesin ’n hektaar om dagga te verbou. Dit kan aan ’n koöperasie gelewer word wat dagga-olie maak en die res saampers vir uitvoer na byvoorbeel­d Amerika, Brittanje en Nederland. Dank die boer af indien hy afwyk van die reëls en neem sy grond weg.

Gebruik die grond van die wildparke waar ryk mense lodges bou en tot R15 000 per nag vra. Betaal ’n klein gedeelte aan ’n swart trust. Daar is miljoene hektaar. Daar is oorgenoeg wildboere in Suid-Afrika.

Begin dan met die groot hoeveelhei­d grond in kerkbesit waaruit net ’n paar mense voordeel trek. Verdeel dit in kleinhoewe­s en boer met bessies.

Wat is die verskil tussen iemand wat ’n lening van R12 mil- joen aangaan, twee huise in Silver Lakes koop en dit vir ’n inkomste verhuur en iemand wat ’n lening aangaan, ’n plaas en beeste koop en van die grond af leef? Die boer se inkomste moet nou weggeneem word, maar nie dié van die ander mens nie.

As ’n mens kyk na die kommerwekk­ende koers waarteen boere vermoor word, hoef daar nie lank gewag te word voor baie grond in wit besit afgeneem kan word nie. As iemand my egter aansê om my grond te verlaat, want hy wil daar boer, kan hy hel toe vlieg. Ek is nie van plan om op 65 ’n motorwag te word nie. DENIS BALT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa