Landbouweekblad

TOPWILDBOE­RE IN PEKEL OOR SNOTSIEKTE

- — JASPER RAATS

NÓG twee wildboere is verlede week strafregte­lik aangekla ingevolge artikel 11 (1) van die Wet op Dieregeson­dheid nadat hul buurman beeste weens snotsiekte verloor het.

Mnr. Petrus van Heerden van die plaas Kliprivier by Rankinspas het die klag teen twee van sy buurmanne aanhangig gemaak. Hy beweer hulle het nalatig opgetree deur nie billike stappe te doen om die verspreidi­ng van dieresiekt­es te keer nie.

Landbouwee­kblad kon nog nie bevestig of die beskuldigd­es al gewaarsku is om in die hof te verskyn of in hegtenis geneem is nie. Albei is van Alma, en is bekendes in die wildbedryf.

Van Heerden se klag volg op ’n soortgelyk­e saak in Noordwes waarin mnre. Theunis Marthinus Petrus Snyman, Werner Jan Stieger, Ronnie Ras en Dirk Zillem Venter verlede jaar in die streekhof

op Swartrugge­ns verskyn het. Hulle is aangekla darvan dat hulle dat artikel 11 (1) van die Wet op Dieregeson­dheid oortree het.

Hul buurman het sedert 2006 al meer as 110 beeste weens snotsiekte verloor.

MILJOENE VERLOOR

Van Heerden sê die wiel is besig om teen eienaars van wildebeest­e te draai nadat beesboere die afgelope 25 jaar miljoene rande weens snotsiekte verloor het sonder enige vergoeding of hulp.

Snotsiekte is ’n virussiekt­e wat deur blou- en swartwilde­beeste gedra word.

Wanneer beeste dit kry, is daar

geen behandelin­g nie. Hoewel daar ’n entstof teen die siekte ontwikkel is, is dit nie tans in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Die enigste beskerming­smaatreël wat wel bestaan, is om ’n buffersone van verkieslik een kilometer tussen beeste en wildebeest­e te handhaaf.

Van Heerden beskryf die vervolging­sgesag se klagte teen wildboere as ’n welkome verligting vir die druk wat die siekte op beeskuddes plaas sedert snotsiekte­bestryding in die 1990’s afgeskaf is.

Snotsiekte is onlangs weer op die direktoraa­t dieregeson­dheid se lys van aanmeldbar­e siektes geplaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa