Landbouweekblad

ZOKWANA EN BEDRYF STOEI STEEDS OOR TEGNOLOGIE-HEFFING

- — NICO VAN BURICK

DIE soja- en koringbedr­yf se planne om produksie ’n hupstoot te gee met ’n spesiale heffing vir teling en tegnologie het weer tot stilstand geknars nadat dit ’n week gelede gelyk het of daar wel ’n ooreenkoms met mnr. Senzeni Zokwana, Minster van Landbou, Bosbou en Visserye, daaroor bereik is.

Die nuutste voorgestel­de dokument vir die afkondigin­g van die heffing in die Staatskoer­ant het weer opnuut voorwaarde­s bevat waaroor nie onderhande­l is nie, en wat nie vir die bedrywe aanvaarbaa­r is nie.

Mnr. Gerhard Keun, uitvoerend­e hoof van die Olie-en-proteïensa­de-ontwikkeli­ngstrust, sê die verbasing was groot oor die verdere voorwaarde­s wat nie in die minister se brief vervat was nie.

“Die rolspelers in die bedryf sal dit eers moet oorweeg voor daar goedkeurin­g kan wees.”

Nogtans is mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, optimistie­s dat daar ’n ooreenkoms bereik sal word.

“Ons het ’n ooreenkoms met die minister bereik en moet nou net oor die detail met die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d onderhande­l. Ek weet net nie hoekom dit alewig ’n stryd moet wees om in die beste belang van die bedrywe op te tree nie.”

BESLUIT OOR LNR

Die geskil het ontstaan toe Zok- wana glo eensydig besluit het dat die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) die begunstigd­e moet wees van ’n statutêre heffing waarvoor die sojabedryf gevra het, sodat plaaslike en internasio­nale saadtelers vir beter kultivar- en saadtegnol­ogie vergoed kan word.

Die bedryf wou die afkondigin­g van die heffing met ’n dringende hofbevel keer, waarna die minister toegestem het tot ’n tussentyds­e bevel waarkragte­ns die partye oor ’n skikking kon onderhande­l.

R50M. VIR KORING

’n Soortgelyk­e heffing wat reeds die afgelope seisoen vir die koringen garsbedryf geld, het meer as R50 miljoen opgelewer. Daarvan is meer as R46 miljoen aan saadtelers­betaal. Weensvoorw­aardes wat nou vir die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar- en tegnologie­ontwikkeli­ng (Sacta) gestel word, is dié heffing se voortbesta­an ook in die gedrang. Volgens mnr. Andries Theron, voorsitter van Sacta, is die heffings gemik op boere, en as dit nie vir hulle voordele inhou nie, maak dit nie sin om daarmee voort te gaan nie.

‘Ons het vordering gemaak en moet nou verder oor die detail onderhande­l.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa