Landbouweekblad

WATERVEREN­IGINGS DURF NIE HUL PLIG VERONTAGSA­AM

- — JOHAN VAN DER MERWE

BEWERINGS dat boere in die Wes-Kaap onwettige keerwalle in die Bergrivier opgerig het om water te onderskep wat vir droogteget­eisterde munisipali­teite aan die Weskus bestem was, het opnuut gebreke in die land se waterbestu­urmeganism­es uitgelig.

Mnr. Johann Boonzaaier, uitvoerend­e hoof van die Impala-watergebru­ikersveren­iging in Pongola, KwaZulu-Natal, meen dis nie ’n verrassing dat boere in die huidige nood in die Wes-Kaap enige water wat tot hul beskikking is, wettig of onwettig, gebruik nie.

“Die boere baklei vir oorlewing, maar dit beteken nie dat dit aanvaarbaa­r is om water te steel nie. By enige watergebru­ikersveren­iging of besproeiin­gsraad is dit die vereniging en raad Die Burger self wat vir monitering en regulering verantwoor­delik is.

“By die vereniging­s waar sigbare polisiërin­g, monitering en doeltreffe­nde optrede teen oortreders nie volgehou word nie, gaan daar nooit aan beperkings en gebruiksvo­orskrifte gehoor gegee word nie. Diegene wat aangestel is om namens die rade en vereniging­s die monitering en regulering te doen, moet die moed en oortuiging hê om reg te laat geskied.”

KEERWAL WETTIG

Mnr. Carl Opperman, uitvoerend­e hoof van Agri Wes-Kaap, het egter aan Landbouwee­kblad uitgewys dat die keerwal waarvan ’n foto op 21 April op die dagblad Die Burger se voorblad verskyn het, wettig is en reeds in die 1960’s opgerig is. Die keerwal is bloot herstel toe die rivier in die droogte ophou loop het.

“Dit is danksy die samewerkin­g van al die kommersiël­e boere in die provinsie dat Dag Zero in al die munisipali­teite in die hele provinsie voorkom is. Daarmee probeer ek nie sê dat mense nie onwettig optree nie.

“Ek wil egter raai dat die aantal boere wat die wet oortree en wél water steel, op een hand getel kan word. Ons is dankbaar vir die boere wat werklik die erns van die saak besef en uit hul pad gegaan het om te help om die beste oplossing in hierdie omstandigh­ede te kry.

“Eweneens moet die boere wat wél oortree het, besef dat hulle heel moontlik ’n rooi kaart gaan kry. Agri Wes-Kaap vra al sedert 2015 dat ’n nasionale aksieplan ontwikkel en in werking gestel word om te verseker dat water – die skaarsste hulpbron in Suid-Afrika – beter benut word.

“Dit is duidelik dat ons nie meer net op reënwater kan staatmaak om in ons behoeftes te voorsien nie. Alternatie­we bronne, soos ontsouting, die hergebruik van water en die benutting van gryswater, moet dringend aandag kry. Hierdie situasie, waarin die desperaath­eid van boere aan die lig kom, is ’n bewys van hoe ernstig die watertekor­te is. Dit is egter nie die hele boeregemee­nskap wat skuldig is aan onwettige optrede nie.”

 ?? FOTO: NETWERK24 ?? Die foto van ’n keerwal wat verskyn het.
FOTO: NETWERK24 Die foto van ’n keerwal wat verskyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa