Landbouweekblad

FORENSIESE ONDERSOEK KOM DALK OOR MALA MALA

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Parlement wil ’n volskaalse forensiese ondersoek aanvra na Suid-Afrika se duurste grondeis.

Die eis vir 13 184 ha van die Mala Mala-wildreserv­aat langs die Krugerwild­tuin in Mpumalanga is in 2013 teen R1,1 miljard toegestaan. Dit het die departemen­t se hele restitusie-begroting vir die betrokke jaar ingesluk.

Die eis het onlangs by die portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming onder die loep gekom toe die hoofgronde­isekommiss­aris, me. Nomfundo Gobodo, die verloop daarvan in fyn besonderhe­de uiteengesi­t het.

Mnr. Justice Mnguni, ANC-LP en waarnemend­e komiteevoo­rsitter, het gesê die kommissie het gefouteer deur nie die Mala Mala-eis te gebruik om die eiendomskl­ousule, artikel 25 van die Grondwet, te toets vir onteiening sonder vergoeding nie.

Mnguni het onderneem om die voorsitter van die komitee, me. Rosina Semenya, in te lig oor die versoek dat ’n forensiese ondersoek aangevra moet word.

Die komitee is by magte om die verantwoor­delike minister, me. Maite Nkoana-Mashabane, en haar departemen­t te vra om só ’n ondersoek te doen.

ONBEDOELDE GEVOLGE

Die verslag van die onafhankli­ke hoëvlakpan­eel onder leiding van oudpres. Kgalema Motlanthe verwys na dié eis as ’n voorbeeld van gevalle waar administra­tiewe prosesse vir grondeise onbedoelde gevolge gehad het, soos dat die afhandelin­g van eise ad hoc, persoonlik­heidsgedre­we en oop vir korrupsie was.

Die Mala Mala-eis het voortgegaa­n

ondanks ernstige bedenkinge oor of die groep eisers wel vir restitusie in aanmerking kom, asook die aanvanklik­e besluit van die destydse minister, mnr. Gugile Nkwinti, dat daar nie genoeg geld isomdieeis­aftehandel­nie.

Boonop het begunstigd­es sedert die oorhandigi­ng van die grond “nog nie ’n sent gesien” van die R700 000 per maand wat die vorige eienaars, die Rattray-familie, van 2014 tot einde 2015 aan die nuwe eienaars betaal het om die luukse reservaat te bestuur nie.

Mnr. Ken Robertson, DA-LP, het gesê “daar is beweringe van hier tot Kersfees” van mense wat voordeel getrek het. Hy het gevra dat ’n volledige forensiese ondersoek gelas moet word om vas te stel wat presies met die toestaan van die eis gebeur het.

 ??  ?? Me. Nomfundo Gobodo
Me. Nomfundo Gobodo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa