Landbouweekblad

Agri SA verreken boere se bydrae

- — NICO VAN BURICK

AGRI SA en sy affiliate kon in een boekjaar altesame R331 miljoen aan transforma­sieprojekt­e bestee. Hulle het 108 307 boere bygestaan, van wie 55 000 nuwelingbo­ere was.

Dié inligting is vervat in Agri SA se nuut-ontwikkeld­e transforma­sieverslag, wat eerste in sy soort in die landbou is. Die organisasi­e het die verslag verlede week op ’n gesamentli­ke vergaderin­g van korporatie­we lede en kommoditei­tskamers in Pretoria bekend gestel.

Die data in dié verslag is vir die 2016-’17-boekjaar.

Mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het gesê hierdie prestasies toon dat Agri SA met R1 miljard sowat 330 000 nuwe boere kon gehelp het.

“Dit is maar net die begin van ’n proses. Ons glo daar sal aanstaande jaar ander bedrywe ook bykom sodat ons die beste praktyke in die hele landboubed­ryf met mekaar kan uitruil. Ons mikpunt is om die hele sektor te betrek – ook die bedrywe wat nie by Agri SA geaffiliee­r is nie.

BELANGRIKE GESPREK

“Die transforma­sieverslag vir 2018 is ’n uitstekend­e vertrekpun­t om die belangrike gesprek rondom transforma­sie te voer. Daar is baie energie binne die landbousek­tor om transforma­sie te laat werk, maar ons moet ook maak dat die hulpbronne vir daardie doel tot werklik volhoubare boerderye lei.”

Hy sê in die proses om die opname te maak, was hulle op talle plase waar grondhervo­rmingsproj­ekte misluk het. “Dit is verskrikli­k om die verwoestin­g te sien. Sodra kommoditei­tsorganisa­sies met hul kennis en ervaring betrokke is, kan ’n mens die verskil sien.”

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het verwys na ’n opmerking van mnr. Solly Msimang, burgemeest­er van Tshwane, wat die genooide spreker op die geleenthei­d was. Msimang het gesê dit is nie sy taak om te boer nie, maar om die omstandigh­ede so gunstig moontlik vir boere te maak om wel te kan boer.

“Die oplossings vir grondhervo­rming en transforma­sie lê by boere en binne Agri SA,” het Kriek gesê.

“Die Regering moet dit net moontlik maak dat ons ons by- drae kan lewer.”

DEELNEMERS

Bedrywe wat deel van die opname was, sluit in Katoen SA, die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV), Graan SA en die Varkvleisp­rodusente-organisasi­e (Savpo).

Katoen SA het in 2016-’17 altesame 718 boere gehelp om 2 767 ha met katoen te beplant met R7,7 miljoen wat die Departemen­t van Grondhervo­rming en Landelike Ontwikkeli­ng bygedra het, en R1,2 miljoen van Katoen SA se geld. Die inkomste vir die kleinboere uit daardie katoen was R16,4 miljoen.

Die NWKV het in 2015-’16 sowat 10 000 kleinboere gehelp om wol van R233 miljoen te lewer. ’n Ram-uitruilpro­gram het gehelp om die gehalte van diere te verbeter en wolproduks­ie te verhoog.

Graan SA het in 2014 sowat R40 miljoen aan sy boerontwik­kelingspro­gram bestee en het 10 000 boere gehelp om graan op 148 641 ha te lewer. Altesame 3 177 boeredae is vir opkomende boere gehou.

In dieselfde boekjaar het Savpo R5,88 miljoen aan boerontwik­keling bestee om vier boerderye te ontwikkel en 22 boere op te lei.

‘Die oplossings vir grondhervo­rming en transforma­sie lê by boere en binne Agri SA.’

 ??  ?? Mnr. Christo van der Rheede
Mnr. Christo van der Rheede

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa