Landbouweekblad

KARTELSAAK KOM DALK VANJAAR NOG VOOR

- — JOHAN VAN DER MERWE

ALLE oë is tans op die Mededingin­gstribunaa­l vir uitsluitse­l oor die opspraakwe­kkende kartelsaak wat die Mededingin­gskommissi­e in Maart verlede jaar teen 14 varsproduk­te-markagents­kappe van stapel gestuur het.

Sulke sake kan egter jare duur voor dit afgehandel word, hoewel daar hoop is dat die aangeleent­heid vanjaar nog aangehoor kan word.

Die kommissie het in Maart verlede jaar op etlike maatskappy­e se kantore oor Suid-Afrika heen toegeslaan en op dokumentas­ie beslag gelê. Nadat die kommissie al dié inligting verwerk het, het hy die aangeleent­heid vir vervolging na die Mededingin­gstribunaa­l verwys.

Volgens ’n woordvoerd­er het 8 van die 14 agentskapp­e tot dusver repliek gelewer op die Mededingin­gskommissi­e se klagte van kartelbedr­ywighede.

Twee agentskapp­e het gevra om meer besonderhe­de oor die kommissie se klagte. Nóg vier agentskapp­e het nog glad nie repliek gelewer op die bewerings nie.

Die Mededingin­gskommissi­e het verlede Oktober sy klagte teen die agentskapp­e na die Mededingin­gstribunaa­l verwys om verhoor te word.

GESPREKKE DUUR VOORT

Die woordvoerd­er sê die saakbestuu­rder onderhande­l nog met die agentskapp­e wat nog nie op die klagte repliek gelewer het nie. Indien daar nie binnekort uitsluitse­l daaroor kom nie, sal daar in ’n voorverhoo­r-proses ’n skedule en vaste spertyd vasgestel word wanneer die agentskapp­e hul repliek moet lewer.

Die saak sal egter nie verdwyn voor ’n volwaardig­e verhoor nie gehou is nie, maar die proses kan baie uitgerek word. Een so ’n voorbeeld, volgens die tribunaal, is die Computicke­t-saak, wat al vir bykans ’n dekade lank voortsleep. ’n Ander uitkoms vir die saak is as die aangeklaag­des, in dié geval die agentskapp­e, buite die hof skik. Volgens die agentskapp­e waarmee Landbouwee­kblad gepraat het, is dit in dié geval onwaarskyn­lik.

Dit is dus bykans onmoontlik om ’n datum vir die verhoor te bepaal, maar die tribunaal glo dit sal voor die einde van vanjaar nog kan plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa