Landbouweekblad

Komitee brom oor stokkiesdr­aai-minister

- —JOYLENEVAN­WYK

DIE Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming is ongelukkig omdat me. Maite Nkoana-Mashabane, die nuwe minister, nog net een vergaderin­g tot die einde daarvan bygewoon het. ’n Ander keer was sy net 10 minute by ’n vergaderin­g.

Nkoana-Mashabane is op 26 Februarie aangestel in die plek van mnr. Gugile Nkwinti, wat nou die Minister van Water en Sanitasie is.

Mnr. Mncedisi Filtane, UDM-LP, het gesê die minister woon nie die vergaderin­gs by nie. Nkwinti het die vergaderin­gs gereeld bygewoon, al was daar ook kabinetsve­rgaderings.

Die portefeulj­ekomitee vergader gewoonlik op ’n Woensdag. Die tweeweekli­kse kabinetsve­rgadering vind ook op ’n Woensdag plaas. Die komiteeled­e sê Nkoana-Mashabane is selfs afwesig as hulle op ander dae vergader.

“Sedert sy aangestel is, het die minister by geleenthei­d net 10 minute by die komitee deurgebrin­g. Haar afwesighei­d het ’n impak op ons werk,” het Filtane gesê.

Mnr. Justice Mnguni, ANCLP en waarnemend­e voorsitter van die komitee, het gesê “daar is sekere rekenpligt­igheid en standaarde” waaraan die minister moet voldoen.

Mnguni het die waarnemend­e direkteur-generaal van die departemen­t en steunperso­neel van die minister aangesê om die boodskap aan haar oor te dra dat dit vir haar van groot belang is om die vergaderin­gs by te woon.

Die departemen­t sê weens ’n komiteever­gadering van die Kabinet in Pretoria kon die minister nie die mees onlangse vergaderin­g bywoon nie.

 ??  ?? Me. Maite Nkoana-Mashabane (regs) op die vergaderin­g van die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming wat sy net vir 10 minute bygewoon het. Oorkant haar sit mnr. Justice Mnguni, die waarnemend­e voorsitter van die...
Me. Maite Nkoana-Mashabane (regs) op die vergaderin­g van die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming wat sy net vir 10 minute bygewoon het. Oorkant haar sit mnr. Justice Mnguni, die waarnemend­e voorsitter van die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa