Landbouweekblad

VERNUWE OF BOER UIT, SÊ JONGBOER

- GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE magdom struikelbl­okke wat jong boere moet oorkom, maak dit soms vir hulle moeilik om die einddoel te sien. Met doelgerigt­e aanpassing­s en vernuwende denke kan hulle tog ’n gunstige bydrae tot Suid-Afrika en die landbou lewer.

Dít was die boodskap van mnr. Gideon van Zyl, voorsitter van Agri Noordwes se jongboerko­mitee.

“Dinge soos ondeurdagt­e politieke uitsprake, wetteloosh­eid en selfbelang dra alles tot onsekerhei­d in die landboubed­ryf by, terwyl seisoenale toestande ook nie altyd na wens is nie.”

“Die reën was vanjaar laat in Noordwes, wat tot laat aanplantin­gs gelei het, terwyl weidings in die provinsie oorwegend gemiddeld is met ’n lang winter wat voorlê. Ons lewe inderdaad in opwindende tye.”

Hy het gesê boere se toekoms lê daarin om deurentyd by omstandigh­ede aan te pas en vernuwend te bly dink.

Volgens Van Zyl bied die risiko’s wat tans in die bedryf voorkom ook groot geleenthed­e. “Die grondkwess­ie is nou op die spits gedryf met onteiening sonder vergoeding en die veranderin­g van die Grondwet wat aandag geniet. Internasio­nale druk is ook besig om toe te neem en vir ’n slag word daar sinvol oor die grondkwess­ie debat gevoer. Ons het die geleenthei­d om dié saak eens en vir altyd af te handel.”

“As ons konsentree­r op die belangrike aspekte van ons boerderye, meen ek ons kan ’n gunstige bydrae tot ons land, ons mense en ons boerderye lewer.”

– Mnr. JP van den Berg (hier saam met sy vrou, Linné) van die plaas Buttermere in die Tosca-Vergeleë-omgewing is vanjaar Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar. Hy is reeds verskeie kere as Aartappels Suid-Afrika se Moerkweker van die Jaar aangewys. Benewens die kweek van aartappelm­oere, wat 70% van sy boerdery uitmaak, boer Van den Berg ook met Brahman-stoetbeest­e, wild en kweek borseltjie-, bloubuffel- en witbuffelg­rassaad. Hy bedryf ook ’n hoenderaba­ttoir. Hy is die ondervoors­itter van Agri Moloporivi­er, Noordwes se Moerkweker­sverenigin­g en die Tosca-Molopo-watergebru­ikerskomit­ee, asook lid van Agri Noordwes se jongboerko­mitee. “Jong boere moet op die hoogte bly van die snelverand­erende tegnologie in die landbou en dit in hul boerderye gebruik,” sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa