Landbouweekblad

INFORMELE VEESEKTOR KAN SA VLEISPRODU­KSIE VERDUBBEL

- JASPER RAATS

KOMMERSIËL­E boere in SuidAfrika het ’n reusetaak om opkomende en minder ervare boere op te lei ter wille van volhoubaar­heid en voedselsek­erheid.

Dít was die boodskap van dr. Riaan du Preez, hoofbestuu­rder van nuwesake-ontwikkeli­ng by Afrivet, op die onlangse bekendstel­ling van ’n reeks nuwe dieregeson­dheidsprod­ukte in Magaliesbu­rg.

Hy sê ’n vyfde van Afrika se bevolking gaan slaap steeds daagliks honger, al het die informele sektor baie vee. In Suid-Afrika is daar byna net soveel beeste in die informeles­ektorasind­ieformele sektor, maar net 10% van die land se vleisprodu­ksie kom van die informele sektor.

“Ons het ’n enorme taak om mense op te lei om meer volhoubaar te boer. Die huidige speenperse­ntasie by beeste in die informele sektor is omtrent 30.

“Om dit te verbeter, sal veeartse en die hele vleiswaard­eketting moet inspring om beter dieregeson­dheid in kommunale kuddes teweeg te bring.”

KOSTE

Mnr. Matthew Carter van Afrivet se opleidings­been sê die swak kalfpersen­tasie kos die informele sektor tot R12 miljard per jaar.

“As ons daardie boere toegang tot beter veeartseny­dienste kan gee, kan ons Suid-Afrika se vleisprodu­ksie byna verdubbel, en as ons die volle waarde van hoëdrukbew­eiding kan ontsluit, kan ons dit waarskynli­k verdriedub­bel.”

Om beter en meer veeartseny­dienste daar te stel, is Afrivet met die samewerkin­g van die Veearts Netwerk van dr. Danie Odendaal besig om slimfoonto­epassings te ontwikkel wat boere op afgeleë Dr. Peter Oberem, uitvoerend­e hoof van Afrivet, sê sy maatskappy hoop om deel te wees van die oplossing vir baie van die probleme wat volhoubare diereprodu­ksie in Afrika betref, en wil graag ’n sleutelrol speel in die opleiding van boere op die vasteland. Hy meen Afrika se vermoë om die grootste deel van die groeiende wêreldbevo­lking te voed, gaan grootliks afhang van maatskappy­e, soos Afrivet, se vermoë om dieregeson­dheid op die vasteland te verbeter.

“Ons moet elke dier gesond deur die produksiep­roses kry tot waar dit ’n bydrae tot gesonde voedsel in die waardekett­ing kan lewer.” —

 ?? FOTO: ?? Afrivet raam dat ’n swak kalfpersen­tasie die informele sektor tot R12 miljard per jaar kos.
FOTO: Afrivet raam dat ’n swak kalfpersen­tasie die informele sektor tot R12 miljard per jaar kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa