Landbouweekblad

RUSLAND | Bayer paai meeding-owerhede

- — CARIEN KRUGER

Die Russiese mededingin­gsowerheid het onlangs Bayer se oorname van Monsanto goedgekeur en sodoende dié twee maatskappy­e se eenwording in die pylvak geplaas.

Rusland was een van enkele lande wat nog die samesmelti­ng moes goedkeur nadat die Europese Kommissie en die Amerikaans­e departemen­t van justisie vroeër hul goedkeurin­g gegee het.

Bayer sê in ’n verklaring hy het ingestem tot die oordrag van sekere tegnologie aan Russiese partye vir ’n tydperk van vyf jaar. As deel van die toegewings sal hy van sy kennis oor mielies, koring, raapoliesa­ad, sojabone en groentesaa­d oordra en “niediskrim­inerende” toegang tot digitale boerderyte­gnologie toestaan sodra dit in Rusland beskikbaar is.

gaan sy aanbod van agribiopro­dukte versterk deur die koop van die maatskappy­e Oro Agri SEZC en Oro Agri SA.

Die Omnia-groep het reeds vroeër dié beoogde transaksie aangekondi­g en nou bekend gemaak dat alles daarvoor gereed is. Omnia koop 100% van Oro Agri SEZC se gewone aandele en 52% van dié van Oro Agri SA teen altesame VSA$100 miljoen.

Omnia sê hy is internasio­naal betrokke op die mark vir agribiopro­dukte en wateroplos­bare voedingsto­wwe. Sy produkte en dié van Oro Agri sal mekaar aanvul en ’n breër aanbod van agribiopro­dukte moontlik maak.

Oro Agri het omgewingsv­riendelike produkte wat “groen” oplossings bied vir gewassiekt­es, voedingsto­finname en doeltreffe­nde waterverbr­uik.

“Agribiowet­enskappe is besig om die toekoms van die landbou te verander,” sê Omnia.

“Dit wen veld namate die wêreld meer omgewingsv­riendelik en gesondheid­sbewus word en omdat hoër oesopbreng­ste nodig is om die groeiende wêreldbevo­lking te voed, terwyl minder van die bewerkbare grond gebruik word.

“Die tradisione­le chemikalie­ë blyk hul maksimum prestasiev­lak te bereik het, klaarblykl­ik weens die groeiende opbou oor jare van weerstands­vlakke by plante, insekte en plantsiekt­es.”

ONTWIKKELE­NDE BEDRYF

Op die onlangse jaarkongre­s van die Misstofver­eniging van Suider-Afrika (Fertasa) het verskeie sprekers na groei in ontwikkele­nde velde, soos bioprodukt­e, verwys.

Volgens me. Barbara Novak, ’n kenner van die Europese misstofbed­ryf, vind groot veranderin­ge nou in dié streek plaas vanweë onder meer stikstofbe­perkings, toenemende omgewingsv­erwante koste en ’n swak vraag na misstowwe.

Openbare beleid word as een van die belangriks­te faktore beskou wat die groei van die bedryf belemmer.

Die bedryf se reaksie op die probleme is innovasieg­edrewe differensi­ëring na spesialite­itsmisstow­we en voedingsop­lossings. Dit sluit biostimula­nte, biomisstow­we en grondkondi­sioneerder­s in.

Gedifferen­sieerde spesialite­itsprodukt­e stel die bedryf in staat om veerkragti­ger te wees, bied pryspremie­s en hoër marges. Vir die tipiese klein Europese misstofond­erneming verskaf dié model winsgewend­heid.

Boere is toenemend bereid om ’n premie vir spesialite­itsprodukt­e te betaal omdat dit volgens hulle ’n toenemend gunstige koste-tot-voordeel-verhouding bied.

Novak het gesê vir boere in Europa is stikstofpl­afonne ’n werklikhei­d en hulle is toenemend bewus van grondverso­rging en grondgeson­dheid.

“Grond word beskou as ’n plaasbate wat bestuur moet word.”

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Me. Barbara Novak
FOTO: CARIEN KRUGER Me. Barbara Novak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa