Biosekerheid en die eierprys
Sedert verlede Julie het die uitbreking van voëlgriep oor ’n tydperk van vier maande ’n daling van 15% in lêhengetalle veroorsaak. Produsentepryse het gestyg en die lêhenbedryf se bruto produksie-inkomste het gevolglik oor dieselfde tydperk met meer as 17
Lêhenne se weeklikse eierproduksie het sedert Junie 2011 op 395 000 tot 410 000 eiers per week gestagneer. Dit volg nadat eierproduksie sedert Januarie 2006, oor ’n tydperk van meer as vyf jaar, van 300 000 eiers per week tot 400 000 toegeneem het. Ná verlede jaar se uitbreking van voëlgriep het eierproduksie van Junie tot Oktober verlede jaar kwaai gedaal met 15%.
Produsente se eierpryse het oor dieselfde tydperk met 15-16% gestyg – van R14,20 tot R16,40 per dosyn. Voerpryse het tydens die uitbreking met 16% per ton gedaal, van R3 700 per ton tot R3 100 per ton.
Naas enkele individuele produsente wat groot verliese aangeteken het, het produsente wat nie probleme weens voëlgriep ervaar het nie, goed baat gevind deur die styging in eierpryse en die gepaardgaande daling in voerpryse.
Die produsenteprys van eiers (1,5 dosyn) het van Maart verlede jaar, toe die prys sowat R38 beloop het, tot Maart vanjaar met 21% gestyg (dus R55). Die kleinhandelsprys vir ’n dosyn eiers het oor dieselfde tydperk van 16% vir mediumgroot eiers tot 27% vir ekstragroot eiers gestyg.
LÊHENGETALLE
Die maandelikse plasing van dagoudkuikens het in Desember verlede jaar ’n rekordlaagtepunt sedert September 2013 bereik. In Desember verlede jaar is meer as 1,8 miljoen dagoudkuikens in die lêhenbedryf geplaas.
Die vervangingsyfer van lêhenne het verlede jaar van 1,7 miljoen tot 2,2 miljoen lêhenne (Augustus) gewissel. Teen Desember was die getal weer 1,7 miljoen. Die getal lêhenne het ná verlede Junie, kort ná die uitbreking, kwaai gedaal van 23 miljoen henne tot 21 miljoen henne verlede Oktober.
Maandelikse lêhengetalle het weens voëlgriep tot vlakke gedaal wat laas in Augustus 2006 gesien is – meer as 11 jaar gelede. In Junie 2016 was daar meer as 25 miljoen
HERSTEL VAN DIE LÊHENBEDRYF NÁ 2016 SE DROOGTE EN DIE UITBREKING VAN VOËLGRIEP IN 2017 (BASISJAAR = 2014) lêhenne in Suid-Afrika.
GRAFIEK
Voerpryse het van Julie 2015 af deur 2016 se droogte aanhou styg om rekordpryse in Julie 2016 te behaal. Dit was ’n moeilike tyd vir eierboere. Voerpryse het eers in verlede Junie herstel, ná ’n tydperk van twee jaar, met betrekking tot die nominale prysvlakke van twee jaar vantevore. Eierboere se bruto produksie-inkomste het ook goed ooreengestem met die produsentepryse wat boere vir eiers gekry het. Tot en met verlede Junie was eierpryse die belangrikste faktor wat ’n eierboer se inkomste bepaal het.
Stygende produsentepryse vir eiers en dalende voerpryse het sedert Januarie tot Junie verlede jaar daartoe bygedra dat die bruto produksie-inkomste in die lêhenbedryf begin toeneem het. het egter ná Julie skerp gestyg. Saam met die skerp daling in voergraanpryse het eierboere se bruto produksie-inkomste ná Oktober merkwaardig herstel.
Voëlgriep het dieselfde gevolg op die lêhenbedryf gehad as wat 2016 se vernietigende droogte op die speenkalfbedryf gehad het. Lêhen- en kuddegetalle het drasties gedaal en produksie is ernstig ingekort.
Namate die invoer van speenkalwers uit Namibië skerp toegeneem het, het die invoer van gedroogde eiers uit Denemarke, Frankryk, Italië en Argentinië kwaai gestyg. Die hoë eierpryse gaan hoër produksie aanmoedig.
Eierproduksie het sedert November verlede jaar herstel begin toon. Die uitbreking van voëlgriep en die styging in die eierprys het daartoe gelei dat die bedryf se bruto produksiewaarde toegeneem het – ondanks die gevolge van voëlgriep en die gevolglike laer eierproduksie.
Benewens individuele gevalle het die eierbedryf oor die algemeen weens voëlgriep ’n hupstoot gekry. Individuele produsente wat groot verliese aangeteken het, is egter steeds nie deur die Regering vir hul verliese vergoed nie.
GEVOLGTREKKING
Biosekerheid is ’n voorrangsaak vir die lêhenbedryf. Die eierbedryf moet genoeg van die huidige meevallerwins gebruik om enige biosekerheidsmaatreëls wat nog nie op standaard is nie, op te skerp en gereed te wees vir die volgende vlaag voëlgriep wat van Julie af verwag word.
Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigheid in Johannesburg.