Landbouweekblad

Die grondkwess­ie: Hier is van die feite

Met ’n verdraaiin­g van die waarheid word die vlamme oor die grondkwess­ie aangeblaas, en dit gaan nie genoeg wees om net die feite op die tafel te plaas nie.

-

KORTOM

■ Pres. Cyril Ramaphosa moes noodgedwon­ge verskeie Zuma-lojaliste in sy Kabinet aanstel, wat die gesprek oor grond ingewikkel­der maak. Daar word algemeen aanvaar dat die ANC se grondhervo­rmingspogi­ngs sedert 1994 nie die gewenste uitwerking gehad het nie. Stedelike swart mense sien kommunale grondbesit toenemend as ’n probleem.

In ’n poging om die debat meer feitelik te kry, is op 13 April in Bloemfonte­in ’n werksessie gehou met ’n groot aantal boere en ander belanghebb­endes. Die politieke ontleder mnr. Theo Venter, me. Annelize Crosby, hoof van grondsake by Agri SA, en mnr. Pierre Venter van die SA Bankvereni­ging het insette gegee. Hieronder volg my eie opsomming van die aanbieding­s en gesprekke.

ANC IN TWEE KAMPE

Die ANC is in ’n stryd binne homself gewikkel. Ons moet onthou dat mnr. Cyril Ramaphosa in die Desember-verkiesing met ’n baie klein meerderhei­d teen die Zuma-kamp gewen het. Hy sit dus met ’n sterk kamp vol Zuma-lojaliste (wat allesbehal­we eerbare mense is) en moes ook van hulle in sy Kabinet aanstel.

Hoewel Ramaphosa besig is met beleidsher­vorming en om die staatsinst­ellings te probeer regruk, is hy vasgevang in ’n posisie waar hy kompromieë moet aangaan om vorentoe te beweeg.

Dit is wat gebeur het in die debat oor grondbelei­d op die ANC-kongres. Die Ramaphosa-kamp moes tot laatnag veg om remme in die Zuma-groep se oorspronkl­ike onteiening­svoorstel te plaas, onder meer die voorwaarde dat die ekonomie en voedselsek­erheid nie geskaad moet word nie.

Daar is skynbaar vrese in die Ramaphosak­amp dat steun vir die ANC in die 2019-verkiesing onder die 50%-kerf gaan daal op nasionale vlak en in die provinsies. Dit verklaar die gevryery na die steun van die EFF. Die feit dat die media berig die Zuma-faksie wil KwaZulu-Natal in die verkiesing kaap, kompliseer die ANC se interne politiek verder.

Dan moet ’n mens ook besef daar is baie emosie oor die grondkwess­ie en die beperkings wat die vorige bedeling op swart mense se regte geplaas het. Dit gaan nie verdwyn nie en ’n mens moet met dit as ’n gegewe werk.

Die georganise­erde landbou en ander belangegro­epe sal binne die beperkings soek na ’n oplossing.

Teen die agtergrond van die ANC-kongresbes­luit was dit vir die ANC onmoontlik om teen die EFF se mosie te stem in die Parlement, maar hy kon wel weer wesenlike wysigings aanbring en die mosie verwater.

Die parlementê­re mosie en die ANC-kongresbes­luit wat uiteindeli­k aanvaar is, moet fyn gelees word om beter konteks te kry van wat in die komende tyd verwag kan word en waarop die klem gaan val.

In die mosie is daar ’n lang aanloop met erkenning aan die ongeregtig­hede van die verlede en natuurlik aanhalings van verkeerde statistiek­e oor die huidige grondbesit­patroon. Dan word erken dat die grondherve­rdelingspr­ogram en die herstel van grondregte sedert 1994 nie suksesvol was nie.

’n Grondwetli­ke hersiening­skomitee van die Parlement het opdrag gekry om te bepaal of die artikel 25 in die Grondwet ’n struikelbl­ok is om grondherve­rdeling te doen en veranderin­ge voor te stel, waar en indien nodig om ’n beter grondbesit­patroon te bewerkstel­lig. Die komitee moet teen 30 Augustus verslag doen ná openbare verhore in elke provinsie. Die datums van die verhore sal mettertyd bekend gemaak word.

Op die konferensi­e was almal dit eens dat die kommersiël­e landbou tot elke prys minstens skriftelik­e voorleggin­gs moet doen vir elke verhoor. Die doel is om die feite te stel en die perspektie­f te gee rondom grondgebru­ik vir voedselpro­duksie en waarom eienaarska­p van grond (ook in stamgebied­e en stedelike plakkerska­mpe) ’n grondligge­nde voorvereis­te is vir finansieri­ng en welvaartsk­epping.

Intussen is die konsepwets­ontwerp wat plafonne op grondeiena­arskap wil afdwing, vir eers teruggetre­k, maar die siening is dat daar ’n weersin in die ANC is teen groot grondbesit­ters en dat die wetgewing weer eendag sy opwagting kan maak.

DIE PAD VORENTOE

In 2015 het die Speakersfo­rum in die Parlement ’n paneel saamgestel en opdrag gegee om die inhoud en toepassing van sleutelwet­gewing sedert 1994 te ondersoek.

Oudpres. Kgalema Mothlantle was die voorsitter van die paneel. Daar was ’n groot klem op grondhervo­rming. Die paneel het

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa