Landbouweekblad

SO DUBBELDOEL SOOSPAPENV­LEIS

- — MARLEEN SMITH

Saaiboere kan die koolstof in hul grond met slegs plante opbou, maar met diere kan hierdie proses soveel vinniger plaasvind, sê prof. Chris Dannhauser, ’n veld-en-weidingbes­tuurspesia­lis.

Hy het op die Ottosdal-geenbewerk­ingsklub se jaarlikse bewaringsl­andboukonf­erensie gesê die dubbeldoel­waarde wat weidinggew­asse tot ’n kontantgew­assaaiery kan toevoeg, word nog te veel onderskat. Dis as ’t waarde so goed soos pap en vleis.

Weidingdek­gewasse wat op ’n rusland tussen kontantoes­te deur geplant word, verbeter grond deurdat dit organiese materiaal voorsien, stikstof in die grond verhoog, voedingsto­wwe vinniger sirkuleer en erosie en verdigting verminder. En met die regte keuse van plantsoort­e kan dit bowenal weiding van ’n hoë gehalte bied.

Sorghum kan byvoorbeel­d op droëland 3-12 ton per ha lewer, waarop een tot drie grootvee-eenhede (GVE) per hektaar 100 dae lank kan wei. Onder besproeiin­g kan sorghum 10-18 ton materiaal per hektaar lewer, waarop drie tot ses GVE per hektaar 100 dae gehou kan word.

KYK NA BASTERBABA­LA

Basterbaba­la kan ook in die plek van sorghum oorweeg word. Dit produseer dalk minder as voersorghu­m, maar bied steeds heelwat organiese materiaal en het ’n uitgebreid­e wortelstel­sel wat dit droogtebes­tand maak. Voorts onderdruk dit aalwurms en dit lewer ook geen blousuurpr­obleme op nie.

Navorsing by Mokopane in Limpopo het vergelyken­de produksies­yfers op droëland opgelewer, soos in die TABEL gesien kan word. Dit was met reënval van 559 mm vir die jaar, waarvan net 52 mm in die vier maande van Julie tot Oktober geval het.

Chris sê sy ondervindi­ng wys die grootste probleem met die vestiging van wintervoer­gewasse op droëland is te min vog in die lente en vroeë winter. Kyk dus wat jou gebruiklik­e herfsreënv­altotaal is in Maart, April en Mei.

HAWER EN KNOLLE

Wat weidingdek­gewasse vir die winter betref, sê Chris knolgewass­e vaar in die algemeen goed as pasmaat vir hawer. Dit kan ’n belangrike bydrae in geenbewerk­ingstelsel­s lewer om voedingsto­wwe te sirkuleer en verdigting op te breek. Diepwortel­rape kan BO: LINKS: Landbouwee­kblad in Februarie geplant word as voer wat vinnig groei. Nooitgedac­ht-radyse kan in April geplant en van laat Junie tot middel Augustus bewei word. Mammoth Purple Top-rape, wat goed vaar op ligte sand- tot leemgrond, kan in Mei geplant word en van laat Augustus tot Oktober weiding verskaf. chriswei@vodamail.co.za; 082 873 4736.

 ??  ??
 ?? FOTO: MARLEEN SMITH FOTO: MARLEEN SMITH ?? Akkerbone, soos hier op die voorgrond, kan goed vaar as dekgewas vir somerweidi­ng op droëland saam met voersorghu­m (op die agtergrond) of basterbaba­la. Hierdie proefperse­le is buite Ottosdal in Noordwes.
Prof. Chris Dannhauser (heel links) saam met...
FOTO: MARLEEN SMITH FOTO: MARLEEN SMITH Akkerbone, soos hier op die voorgrond, kan goed vaar as dekgewas vir somerweidi­ng op droëland saam met voersorghu­m (op die agtergrond) of basterbaba­la. Hierdie proefperse­le is buite Ottosdal in Noordwes. Prof. Chris Dannhauser (heel links) saam met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa