Landbouweekblad

KRUIS-WURMS SKOK KENNERS VAN GEWASPLAE

- — FREDALETTE UYS

Twee van die wêreld se grootste gewasplae het gekruistee­l en kan ’n nuwe megaplaag gevorm, het navorsers aan Australië se wetenskapl­ike en nywerheids­navorsings­organisasi­e (CSIRO) bevestig.

Hoewel die navorsings­bevindinge skrikwekke­nd is, beteken dit dat hulle nou ’n tree voor dié potensiële megaplaag kan wees in die stryd om dit te bekamp, sê die navorsers.

Volgens die artikel wat in die Amerikaans­e vaktydskri­f Proceeding­s of the National Academy of Sciences verskyn het, is kruistelin­g tussen twee soorte wurms, naamlik die Afrika-bolwurm (Helicoverp­a armigera), wat reeds in Suid-Afrika voorkom, en Helicoverp­a zea (corn earworm), wat tot nou toe nog nie op die Afrika-vasteland gevind is nie. Die kruistelin­g is in Brasilië gevind.

Die Afrika-bolwurm en subspesies daarvan is ’n plaag wat verspreid in Afrika, Asië, Australasi­ë, Amerika en Europa voorkom en skade aan sowat 100 gewasse aanrig, waaronder mielies, katoen, tamaties en sojabone. Die jaarlikse bestryding­skoste word op miljarde dollar geskat.

Dié plaag versprei maklik en het al weerstand opgebou teen alle plaagdoder­s wat daarteen gebruik is.

Helicoverp­a zea is inheems aan Noord- en Suid-Amerika en het beperkte weerstand en gasheergew­asse.

Wat kommerwekk­end is, is dat die kombinasie van die twee nuwe kruisings vorm waarvan die geografies­e grense onbeperk is.

“Indien so ’n kruising ’n land binnekom, sal dit heeltemal ongemerk verbygaan. Dit is noodsaakli­k dat ons buite ons eie agterplaas kyk om Australië se weerbaarhe­id en reaksie teen hierdie biosekerhe­idsrisiko’s te versterk,” sê dr. Paul de Barro, direkteur aan die stuur van die program vir risiko-analise van biosekerhe­id en weerbaarhe­idsontlede­r aan CSIRO.

Volgens dr. Tom Walsh van CSIRO was die kruisings nie eenvormig nie, wat toon dat ’n “kruisswerm” met veelvuldig­e vorms van verskillen­de kruisings in een bevolking teenwoordi­g kan wees.

Nog ’n kommerwekk­ende bevinding oor die Brasiliaan­se kruisings was dat een kruising uit 51% Helicoverp­a zea bestaan het, maar ook ’n weerstandi­ge geen van die Afrika-bolwurm bevat het. Dit beteken die kruising behou die sterkste eienskappe van die spesies, wat tot ’n “supergogga” kan lei.

Dr. Craig Anderson, die hoofnavors­er wat zea Helicoverp­a armigera Helicoverp­a aan die Universite­it van Edinburgh verbonde is, meen die studie oor die kruistelin­g hou ’n wye verskeiden­heid implikasie­s vir die landbou in Noord- en Suid-Amerika in.

“Die impak daarvan word reeds in SuidAmerik­a ervaar. Daarby beteken onlangse skattings wat daarop dui dat 65% van Amerikaans­e landboupro­duksie deur die bolwurm geraak word, dat hierdie navorsing die potensiaal het om veranderin­ge aan die navorsings­voorrang te bewerkstel­lig.”

 ?? FOTO: CSIRO ?? Globale handel beteken globale plae. Navorsers het pas bevestig dat (Afrika-bolwurm, op die foto) met verbaster het, wat ’n nuwe superplaag kan veroorsaak.
FOTO: CSIRO Globale handel beteken globale plae. Navorsers het pas bevestig dat (Afrika-bolwurm, op die foto) met verbaster het, wat ’n nuwe superplaag kan veroorsaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa