Landbouweekblad

WEES BEDAG OP AALWURMS

- — EUGENE GUNNING

Aalwurms raak ’n ál ernstiger probleem, wys ontledings van laboratori­ums by Klapmuts, die Noordwes-Universite­it en die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Graangewas­se.

Dr. Sonia Steenkamp van die instituut het tabakboere op ’n inligtingd­ag by Schoemansh­oek in die Klein-Karoo toegespree­k.

Sy het daarop gewys dat plantparas­itiese aalwurms by tabak in uiters droë of nat toestande geneig is om ’n groter probleem te wees. Hoewel hulle in die winter betreklik onaktief is, lê die eiertjies en wag vir die somer en nuwe aanplantin­gs om uit te broei.

“Ons sal nooit ontslae raak van aalwurms nie. Al wat ons kan doen, is om die aalwurmbev­olking in ’n land se getalle só te verlaag dat die skade wat hulle aanrig, nie die oes benadeel en gevolglik die boer se sak raak nie.”

Sy het gewaarsku dat boere en landboukun­diges dikwels aalwurmsim­ptome met versuiptoe­stande, voedingste­korte en ander plantsiekt­es verwar. As dit dan wel aalwurmska­de blyk te wees, is dit feitlik altyd te laat om iets daaraan te doen.

Simptome verskyn skielik en kom altyd in kolle voor. Besmette plante se blare vergeel, die plante is soms verdwerg en kan verlep lyk ten spyte van genoeg water in die land.

Biologiese bestryding­sproewe deur die firma Universal Leaf naby Oudtshoorn is ook bekyk. Dié proewe is deur mnr. Janno Koen, streekland­boukundige, begin om produkte wat dié plaag biologies kan bekamp, te identifise­er en hul potensiaal te bepaal.

Hoewel chemiese middels baie doeltreffe­nd is, word van hierdie produkte weens hul giftigheid aan die mark onttrek. Universal Leaf laat sy verskaffer­boere byvoorbeel­d net toe om Velum (reg.nr. L9565, Wet 36 van 1947) te gebruik.

Die sukses van biologiese bekamping sal ook deur die koste bepaal word.

 ?? FOTO: EUGENE GUNNING ?? Dr. Sonia Steenkamp (regs), navorser by die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Graangewas­se in Potchefstr­oom, verduideli­k hoe aalwurms by tabakplant­e teengewerk kan word. Links is mnr. Janno Koen, streekland­boukundige van Universal Leaf.
FOTO: EUGENE GUNNING Dr. Sonia Steenkamp (regs), navorser by die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Graangewas­se in Potchefstr­oom, verduideli­k hoe aalwurms by tabakplant­e teengewerk kan word. Links is mnr. Janno Koen, streekland­boukundige van Universal Leaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa