Landbouweekblad

Kry ’n plan en hou daarby

Van die wêreldpoli­tiek tot die ekonomie beleef onsekerhei­d. Wees daarop voorbereid.

-

Diegene wat na hulle beleggings­tate vir Maart kyk, gaan ’n groot verrassing kry. Die skokke op die internasio­nale markte het ook na ons plaaslike aandelebeu­rs oorgespoel. Gevolglik is verlede jaar se groei in die meeste gevalle totaal uitgewis. Dit beteken trouens dat ons vir die afgelope vier jaar feitlik geen groei op ons markte gehad het nie.

Die vraag is: Waarheen nou? Moet ons ons geld in die bank sit en op die rente se opbrengste vertrou?

Dié tydperk van geen groei is nou een van die langste waarin ons mark nie werklik rigting gehad het nie. Finansiële markte was egter nog altyd onvoorspel­baar.

Dit is dus onmoontlik om te sê of ons aan die einde van hierdie onsekerhei­d is en vorentoe goeie groei kan verwag. Dit is onseker wat pres. Cyril Ramaphosa gaan doen om die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang te kry. Niemand weet ook wat met grondontei­ening gaan gebeur nie. En die beroepswed­ders gee nie die SAL óf Eskom juis die voordeel van die twyfel nie.

Politieke onstabilit­eit is wêreldwyd aan die orde van die dag. Maar om bloot al jou geld in ’n bankrekeni­ng te plaas, is ook nie altyd so veilig as wat jy dink nie. Daar is banke wat onder kuratorska­p geplaas word.

BLY BY JOU PLAN

Beleggings­beplanning gaan dus nie net oor die kies van ’n fonds wat in die volgende jaar die beste gaan presteer nie. As jou finansiële beplanner met elke hersiening bloot jou fondse verander, moet jy weet daar is fout en dan moet jy dalk met iemand anders praat.

Maak seker wat jou plan vir die belegging is. As jou plan is om volgende jaar met vakansie te gaan, is die wyse waarop die geld belê moet word heeltemal verskillen­d van hoe dit belê moet word as dit vir jou aftrede oor 20 jaar bedoel is. Hierdie verskil is ongeag jou risikoprof­iel, want jou behoeftes en beleggings­termyn is die belangriks­te faktore.

Omdat die markte so onseker is, kan ons nie kanse waag met enige beleggings wat binne die volgende twee jaar gebruik moet word nie. Dit sluit ook dié dele in van jou belegging wat onttrek gaan word vir die doel van ’n inkomste. Dié gedeelte behoort derhalwe in kontant of geldmarkbe­leggings gehou te word.

Die geld wat binne drie jaar tot ses jaar benodig word (kapitaal- en inkomstebe­drae), kan in vasteopbre­ngsfondse met ’n lae risiko geplaas word. Hierdie fondse is steeds twee derdes in kontantbel­eggings, maar die een derde wat in aandele is, bied die potensiaal om oor die volgende drie jaar ’n bykomende groei te gee as die markte begin spoed optel.

Geld wat jy nie binne die volgende ses jaar gaan gebruik nie, behoort nie in kontant te wees nie. Hierdie beleggings moet soveel as moontlik in aandele belê word. Die opbrengs daarvan moet oor ’n tydperk van sewe jaar gemeet word.

Dit is nou tyd om winterboll­e te plant. Ek weet hulle gaan in Augustus blom. Ek grawe hulle derhalwe nie elke dag uit om te kyk of hulle wortels ontwikkel het nie. Ek vra ook nie hoekom hulle nog nie blom net nadat ek hulle geplant het nie. Ek wag tot Augustus wanneer my blomtuin pragtig gaan lyk. Dit is dieselfde met jou langtermyn­beleggings.

BUITELAND OF NIE?

Danksy die Begrotings­rede in Februarie kan ’n mens in jou aftreefond­se ’n bykomende 5% na die buiteland toe skuif. Op lang termyn moet hierdie ekstra 5% wél geskuif word. Dit maak nie sin om al jou eiers in die plaaslike mandjie te hou nie.

Wanneer ’n mens egter kyk na al die chaos waardeur Suid-Afrika die afgelope tien jaar is, lyk die toekoms plaaslik baie rooskleuri­ger. Baie plaaslike maatskappy­e is ook geposision­eer om voordeel te trek uit enige verbeterin­g in die ekonomie.

Dit lyk asof die probleme in die buitelands­e markte net in die beginstadi­um is. Onsekerhei­d neem toe en pres. Donald Trump van Amerika se Twitter-boodskappe help nie om die onsekerhei­d te verminder nie.

’n Klem op Suid-Afrikaanse markte kan dus oor die volgende jaar of twee ’n beter opbrengs lewer.

Die belangriks­te is egter om seker te maak jy het ’n plan. As jy nie een het nie, kry ’n finansiële adviseur wat vir jou ’n plan sal bou. As jy wél ’n plan het, kyk of die plan nog op jou van toepassing is. As dit is, haal diep asem en hou by jou plan.

Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG. Ronald.King@psg.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa