Landbouweekblad

Kiwi’s op die kruin

Kiwi’s is dalk skaars in Suid-Afrika, maar oor bykans die wêreld styg die vraag na dié vrugte vinniger as die aanbod. Groot geld word nou belê om die plaaslike bedryf uit te brei, want danksy ’n goeie markgaping, aangepaste kultivars en gesonde verbouings

-

Bloubessie­s, neute, avokado’s en . . . kiwivrugte. Dís die vier kommoditei­te in die vrugtewêre­ld wat tans teen ’n stywe pas groei, glo mnr. Roelof du Toit, van TopFruit se kiwiafdeli­ng. “En kiwi’s het die meeste potensiaal as gevolg van die lae hoeveelhed­e wat tans wêreldwyd gelewer word.”

Oor die vraag – plaaslik en internasio­naal – na kiwivrugte bestaan daar geen twyfel nie: Dis gewild van China tot Afrika. Danksy nuwe kultivars wat die plaaslike klimaat beter pas en ook lekkerder smaak, verbeterde produksiet­egnieke, gesonde plante en ’n aantreklik­e gaping in die mark is daar baie min wat in Suid-Afrika se pad staan om ’n gerekende kiwiprodus­erende land te raak.

Daarom, sê mnr. Tilis Moggee, eenheids-

bestuurder vir kiwivrugte by TopFruit in Simondium, wil die maatskappy graag die kiwibedryf in Suid-Afrika behoorlik vestig en uitbrei.

Die maatskappy, wat in intellektu­ele eiendomsre­g vir plantmater­iaal spesialise­er, het onlangs ’n aandeelhou­er geword in ’n maatskappy wat ondersteun­ings- en bemarkings­geleenthed­e aan plaaslike kiwivrugbo­ere bied. Dis ’n nuwe veld vir TopFruit. Die blote feit dat die maatskappy die nuwe terrein betree, bewys hoe opgewonde hy is oor die toekoms van kiwiboerde­ry in Suid-Afrika.

KONSERWATI­EWE SOMME

Roelof sê hoewel die bedryf in sy kinderskoe­ne staan, wys die syfers daar is rede tot optimisme. “’n Konserwati­ewe som wys ’n boer kan R400 000/ha verdien, maar die geleenthei­d is daar vir ’n veel groter inkomste.”

Volgens die webwerf FreshPlaza wissel die kiwiprys van R37/kg tot R45/kg in Europa. Wat produksie betref, behoort ’n gemiddelde opbrengs van 30 t/ha haalbaar te wees.

“Dit klop derhalwe baie ander gewasse – beslis wyndruiwe en dalk selfs bloubessie­s! Hier is dus geleenthed­e om eerder met 10 ha of 20 ha kiwi’s te boer as met 100 ha van ’n gewas wat ’n lae inkomste bied,” sê Roelof, wat betrokke is by sowat 15 kiwiproefb­lokke oor die hele Suid-Afrika. Hy het ook al twee chinensis.

 ??  ?? Dori is ’n soet Italiaanse geelvleisk­ultivar waarvoor TopFruit die plaaslike lisensie gekry het.
Dori is ’n soet Italiaanse geelvleisk­ultivar waarvoor TopFruit die plaaslike lisensie gekry het.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Moderne kiwiblok. Die prieel is soortgelyk aan tafeldruiw­e.
FOTO: VERSKAF ’n Moderne kiwiblok. Die prieel is soortgelyk aan tafeldruiw­e.
 ??  ??
 ??  ?? Hayward, die bekende groen kiwi-kultivar met sy effens suur smaak.
Hayward, die bekende groen kiwi-kultivar met sy effens suur smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa